Vrou, ma, Lainey se ouma en besigheidsvrou – mal verlief op dit wat my eie genoem kan word, greeny in murg en been. Scottie eienaar van formaat, met ‘n hele gallery vol fotos om dit te bewys. Slegte kok maar hou darem al vir DEKADES lank my gesin aan die lewe met my kookkuns, soms net-net maar darem. Ek dink eintlik het ek al te veel etes die lig laat sien, en juis daarom ervaar ek my eie kookkuns as verdag.

Mal oor my tuin en als wat daarmee gepaardgaan en werk al vir baie jare om getrou aan myself en diegene om my te wees. Vertroue word verdien en as dit gebreek is sukkel ek om weer daarby uit te kom in alle aspekte van my lewe, selfs waar ek self die skuldige party is, is ek baie hard op myself en sal als poog om dit te herstel indien dit wel moontlik is.  Soms is ek onbewustelik net te eerlik met slegte gevolge.

Ek is besig om die reis hier te geniet ongeag die hoogte- en laagtepunte daarvan en sien uit na dit wat wag hierna, juis omdat my gesonde en soms gewonde verstand vir my sê: “this can’t be the real deal”, daar moet ‘n beter beste buite hierdie atmosfeer wees wat my inwag!

Advertisements