Blykbaar verloor sommige vrouens vanaf die ouderdom 50 hul oordeel om agter te kom sy word vir ‘n “ride” gevat.

Wees gewaarsku, gebruik dit wat oor is van jou oordeel en grysstof na behore na kinders grootmaak, dreigende kankertellings, dreigende buite egtelike verhoudings van mans wat dalk dink ‘n jongblaar – en nie die alewige ou motorfiets soek, is net die ding vir sy verflenterde ego na ‘n huwelik van 25 plus jare, PMS, gloede en estrogeen aanvullings, mamogramme en die lysie is legio wat vrouens van hulle sinne kom beroof deur die jare.

Lig in die tonnel is dat dit gelukkig lyk of hulle op die ouderdom van 65 weer hul “common sense” met ‘n groot gat in hul bankrekening terugkry❗

MAW as jy tussen jou rommelpos ‘n jong hings kry wat sy ewige liefde aan jou sweer, druk, “block this dude” en weet, jong gespierde mans soek rerig nie tannies in hulle middeljare nie, dit werk net andersom in die menseras en net op die “tiewie” vir kykertalle.

https://www.2oceansvibe.com/2019/11/11/if-you-want-to-make-money-scamming-women-cape-town-is-the-place-to-be/