Julle ken nou al my Gracie. So week gelede wag sy my in en vang my onkant met ‘n lening wat sy by my wil maak.
Ek is nie vreeslik gestress nie, sy leen tydige en ontydig ‘n R100. 00 hier en R100. 00 daar, wat sy weet ek in elk geval nie gaan terugsoek nie. Maar die slag gaan sy groot en toe sy die bedrag noem val ek amper om. Hoe nou Grace, R4000.00 sommer netso?
Grace, glo dit of glo dit nie ek het dit rerig nie ~ daai huis, jy weet daai een in die Kaap, hy eet rerig al my geld op, rerig. Jy laat my sleg voel, want jy kyk vir my of ek jok, maar ek jok nie.
Ek maak oor en oor somme en ek weet ek moet amper lone en als wat met mens se eie besigheid te doen het, betaal. Die huis is so te sê klaar, maar ai, net gou daai laaste paar dingetjies wat letterlik duisende beloop as jy dit bymekaar tel. Waterwise tuine in die Kaap is flippen duur, en dit is waarmee ek nou besig is om die huis gereed te kry om dit in die mark te sit.
Ek is naar en ek voel sleg omdat sy my dit NOU vra – ek voel sleg, en sê sy moet bank toe gaan. Ek het net nie nou R4000.00 nie.
Maar waarvoor het jy dit nodig?
Die seuntjie hy wil by die school tour gaan, hy sê hy gaan baie kwaad wees as ek nie die geld kry dat hy gaan nie. Die tour hy is na die Cape Town, en ek moet ook darem die klere kan koop dat hy mooi, nes die ander kinders lyk. Jitte Grace, hoe nou? Die maand, ek gaan nie so gou net daai geld vir jou kan gee nie. Hoekom het jy nie al lankal gesê nie dan kon ek beplan.
Die hele naweek voel ek sleg en ongeag wat ek doen, ek weet nie hoe gaan ek nou vir haar die geld kan leen nie, onsself is vas met die dat ons al ‘n hoop geld op die huis terugbetaal sonder dat ons enige iets op dit maak nie.
Ek voel sleg, en ek is kwaad vir haar dat sy half en half verwag dat ek die tipe geld uit my gatsak kan ruk om vir haar te gee.
Ek sê vir haar sy moet met haar kind praat, hy kan nie van haar verwag om net geld uit te haal nie, sy is ‘n huiswerker ons almal werk met ‘n begroting en ons kinders moet dit mos verstaan.
Vanmiddag toe ek by die huis kom moet ek vir haar ‘n werksbevestiging gee met haar salarisstrokie. Sy gaan nou bank toe en hoop die bank sal vir haar geld leen, want haar seun sê as sy nie dat hy saam met die ander kinders op die toer gaan nie, gaan hy homself ophang.
Goeie hemel, wat nou! Is dit emosionele afpersing of moet sy dit ernstig opneem? Sy sê vir my haar kop is seer en so ook haar nek. Gracie, dit is die stress en daai groot kind wat al vir hoeveel jaar in grd 12 is, is net besig om jou oor die afstand te stoot. Kinders moet verstaan as daar nie geld is nie, is daar nie geld nie.
Weer wonder ek of ek nie oë moet toeknyp en dit op my kt kaart vir haar maar moet gee nie, terselfdertyd voel dit of sy my ook aan die afpers is. Ek het dan nou gesê ek kan haar nie help nie!!! Ek het wel genoem as ons huis verkoop sal ek haar verseker met iets help om haar net ook so hupstootjie te gee.
Later bel sy my en sê die bank wil nie vir haar geld leen nie want sy werk by verskillende plekke, weer betrek sy my, wat is dit?
Ek noem aan haar dat ek al haar werkgewers se loon op een betaalstaat sal sit en dan moet sy dit maar weer bank toe vat. Maar ek dink nogsteeds sy moet die kind net sê, sy het nie daai tipe geld wat die ander kinders se ouers het nie! Hulle is gewone middelklas mense sy is ‘n huiswerker!! Haar kind gaan na ‘n Moslem skool in Erasmia, die hemele weet waarom, want daar is ‘n hoërskool twee blokke van haar huis af. En hy sou heelwaarskynlik al klr met grd 12 gewees het as hy in sy moedertaal skoolgegaan het. Maar dit daar gelaat.
En steeds voel ek skuldig, moet ek, of moet ek nie? Maar ek besef ook dat sy my teen R50.00 pm gaan wil terugbetaal en huidiglik kan ek dit nie doen nie, al wil ek hoe graag.
Is ek die slag verkeerd met ‘n kind wat eintlik al ‘n grootmens is en haar emosioneel afpers, of moet my nee, net my nee bly? Help my asb hoe gaan ek die ding benader? Moet ek net die geld gee, en dan sien die kind dit is hoe jy geld uit jou weerlose ma tap, jy dreig haar met selfdood, of gaan ek dit nie doen nie? En dan vir maande hierna met ‘n Gracie sit wat als behalwe grace vir my gaan inhou hierby my eie huis.
Mei 28, 2019 at 6:36 nm
Sjoe. Dis ‘n taai een daai. Ek is self ‘n ma en sal hemel en aarde verskuif vir my kind, maar dan moet ek byse, my kinders doen hul deel. Hulle werk al uit skooldae uit en weet hoe dit met ons finansies gaan. Ek voel sleg vir Gracie en slegter vir jou, maar daai laaitie klink vir my bietjie entitled. As jy die geld leen, sal ek wragtig verwag dat hy moet kom saterdae terugwerk. Dalk kom hy agter hoe hard dit is om R4000 te verdien.
LikeLiked by 3 people
Mei 28, 2019 at 7:35 nm
Die hemel en die diepblou see… Ek wil nie nou tussenin wees nie. My huis is amper klaar en dan kan ek uiteindelik asemhaal en haar help soos ek van die begin af self gevoel het ek wil. Ek het ‘n tuinier wat Saterdae hier werk en ek kan ongelukkig nie nog iemand hier hê nie. My erf is klein en die werk is min. Ek voel of hulle my nou gyselaar hou hy met sy selfdood dreigement en sy wat na my kyk en skuldig laat voel omdat ek die keer ongelukkig nee moet sê. Ek het nog nooit voorheen nie, en help haar baiekeer uit sonder enige verwagtinge. 😞
LikeLike
Mei 29, 2019 at 8:26 nm
Jy is duidelik ‘n sagter hart as ek. Maar sy werk seker al baie lank vir jou. Ek hoop jy sien ‘n uitweg waarmee jy kan saamleef.
LikeLiked by 1 person
Mei 29, 2019 at 8:39 nm
Ja… Sug… Waarmee ek kan saamleef…
LikeLiked by 1 person
Mei 28, 2019 at 7:33 nm
Elanè, ek is net so sag soos jy. Ek wil ook net help. Maar soms moet ons nee sê, en ek glo hierdie is die keer.
LikeLiked by 1 person
Mei 28, 2019 at 7:37 nm
Dankie Una, jou woorde kom net op die regte tyd ek het al so skuldig/selfsugtig gevoel oor my, ek kan nie, vandat sy vanmiddag hier weg is. ❤️
LikeLike
Mei 28, 2019 at 8:10 nm
Ek het redelik deur dieselfde wroeging gegaan, baie onlangs. Ek wou ook nog skuld aangaan om te help. So ek verstaan hoe jy voel, te goed.
LikeLiked by 1 person
Mei 29, 2019 at 7:05 vm
Sjoe dis moeilik. Watvir my sleg is, is dat ‘n mens so gedruk word deur ander mense. Jou ja is mos ha en jou nee, nee. Hoekom wil ander nie iou grense aanvaar nie? Ek het self tans sulke wroeginge oor ander wat nie my grense wil aanvaar nie. Sterkte.
LikeLiked by 1 person
Mei 29, 2019 at 8:43 nm
Dankie Toorts, dit is net pleinweg ‘n narigheid vir my.
LikeLiked by 1 person
Mei 29, 2019 at 9:13 vm
O hemel….ek ken daai gevoel!!! Ek het al die vreeslikste goed aangevang omdat ek emosioneel afgepers gevoel het om iewers finansieel by te dra. Die ding is net dat jy moet nee sê…..want hoe sleg dit ook nou mag klink,….as jy aanhou gee, gaan dit nie eindig nie. Dit word erger en die dreigemente word meer. En later is jy in so maalkolk van skuldgevoelens. Sterkte maar die antwoord is nee.
LikeLiked by 1 person
Mei 29, 2019 at 8:42 nm
Ek weet dat daar nie einde gaan wees nie – maar ja ek is simpel as dit by die goed kom ek wil sommer net myself skop.
LikeLike
Mei 29, 2019 at 9:26 vm
Genugtig dit is nou n moeilike een, ek dink regtig jy en Gracie loop albei deur onder hom. Sterkte, ek sou ook nee se, as mens nie kan nie, dan kan jy nie. Sterkte
LikeLiked by 1 person
Mei 29, 2019 at 8:41 nm
My verstand bly nee sê, en ek haat dit dat ek voel of ek geviktimiseer word… Maar ai tog.
LikeLike
Mei 30, 2019 at 2:47 nm
Ek dink nie jy doen vir Gracie ‘n onreg aan deur nee te sê nie. As jy nie het nie, dan het jy nie. Moenie jouself verontreg deur skuldgevoelens nie. Laat jou ja JA wees en jou nee NEE xxx
LikeLike
Mei 31, 2019 at 7:22 vm
Dankie Andorize vir jou insiggewende antwoord – ek sukkel vreeslik met NEE, al raak dit effe beter met tye is dit maar nogsteeds ‘n alewige stryd!
LikeLiked by 1 person
Mei 31, 2019 at 11:36 vm
xxx
LikeLike
Junie 23, 2019 at 6:30 nm
Ek glo aan “tough love” met tye. En hierdie is vir my een van daardie tye. Dis afpersing van die kind se kant af… en om hom in sy kwaad te stook help hom nie.
LikeLiked by 1 person