… sou ek verseker eerste die man/vrou nooi wat vanoggend op NW24 op een van die artikels as volg reageer het: Useless, nes ‘n vis met tiete, ek dink dit was op ‘n artikel rakende die OB se “ignorance” rakende Ace Magashule se rol in die Vrede-melkprojek waarin hy homself, sy naastes en dan natuurlik die Guptas afskuwelik verryk het, ten koste van die armstes van die armes (en die diere) wat veronderstel was om baat te vind by die projek. Ek moet sê dit is die eerste keer dat ek so vergelyking lees, en ek het geskater soos ek lag toe ek die vis in geestesoog sien, want hy/sy deel my sentiment rondom die OB.
Ja, ek is ‘n nuusvraat en wil van als wat aan die gebeure is weet, die ekonomie, politiek en mense dinge, behalwe van dit wat in die ponie pers aan die gang is – dit is dalk juis waarom ek huidiglik lewensmoeg voel – oor my gelesery en dan natuurlik met die dat my Kaapse-projek darem nou vinnig ten einde loop. Ek bou mos huis al van 2017 af – ek het nog nooit so vinnig verouder soos in die laaste 2/3 jr nie. My gunsteling gesegde die laaste paar maande is nie verniet, “its been a year of intense growth.” Ek het weereens geleer dat baie mense nie “te-vertroubaar” is nie, en dat as iemand soos ‘n dominee praat, loop, lyk en ruik hy nie noodwendig eerlik gaan wees nie – dat iemand wat dalk vol tatoos is, goed om sy nek hang, soos ‘n surfer lyk en nie in my vorm pas nie, dalk 100% eerlik is. Dit is een van die grootste lewenslesse wat ek met my huisbou-projek geleer het.

Dus om my tafel gaan die volgende mense verseker wees – eerstens die persoon wat die OB met “useless, nes ‘n vis met tiete” vergelyk het, net sodat ek na sy/haar kwinkslae kan luister, dan C du P, handeldrywend as H Villosa wat ookal, wat homself soos ‘n ds weergee net om heeltemal die teendeel te wees en op ‘n oppurtunistiese dief uitdraai wat sy kliënte uit honderde duisende rande in die Somerset Wes gebied bedrieg, Leon Wessels, my huidige bouer van Wessels Bou, omdat hy my lewe gered het deur my bouprojek oor te vat, en stap vir stap saam met my die langpad na herstel kon stap. Voorwaar het hy darem min of meer my vertroue in die mensdom kom herstel, tattoos en al, hy en Charmaine, my p/a wat baie van my admin rondom my bouprojek hanteer het, lw min of meer herstel het.

Dan sal ek vir ds. C vra, wat dink jy van Leon die surfer, die platjie – dink jy hy maak uit? En voor hy kan antwoord sal ek hom sê, sien jy waar kom moenie ‘n boek volgens die buiteblad oordeel nie, dit kom oor mense soos JY, wat als is behalwe dit wat jy voorgee. Jou kierankies gaan braai en Wessels Bou van die surfer, sal van die een hoogte na ‘n ander gaan, juis omdat hy karakter, integriteit en menslikheid in hom het! Good luck jy het dalk R600.000-00 uit my gemergel sonder dat jy ‘n enkele steen opmekaar gesit het, maar jou kierangs gaan braai! En eerder vinniger as later. En ek sal hom verseker met ‘n bord hondebollie bedien, eenkant, weg van my mooi Tafel op Rebusfontein.

En vir Leon sal ek vra om asb net te sit waar hy sit – dan wil ek sy ma en my twee ma’s, myne nie meer in die lewe nie, ook nooi. Vir sy ma sal ek wil vra, hoe het jy dit reggekry om so kind groot te maak, die prentjie is so bedrieglik en dan kom skyn sy integriteit en menswees deur die prentjie – wow.

Vir my ma’s wil ek sê dat ek die grootste respek vir beide van hulle het, my eie en my skoonma, en dankie sê vir beide van hulle se waardetoevoeging tot my lewe – en dat ek ontsettend jammer is vir die kere wat ek hulle dalk nie behandel het soos ek moes nie, en dat ek vandag weet dat ek hulle hopeloos onderwaardeer het, en te min tyd met hulle spandeer het.

Dankie vir die waardes wat veral my ma my van vroeg af geleer het, en dat sy my geleer het dat ‘n vrou kan enige iets waarin sy haar hart sit vermag, selfs huisbou, al het sy al haar spaargeld op die spel geplaas. Dankie vir al die kere wat ek my ma op haar knieë voor haar bed sien kniel het, dit is ‘n prentjie wat ek nou as middeljarige vrou tydig en ontydig onthou, dit vee elke glasie alkohol wat sy in haar hand gehou het onmiddelik uit – want ek weet waar sy haar lot gaan bekla het, waar sy haar vrede gekry het en dat sy nou TUIS is en vir die res van ons wag in haar hemelse woning.

My tafel gaan nie juis vol wees nie – maar die mense wat wel genooi is, gaan juis daar wees oor hulle in hierdie oomblik diegene is wat die meeste rondloop in my gedagtegange. Of dit nou danksy ammusering, te nagekom gevoelens, admirasie en dan deernis is, ek nooi hulle uit met ‘n spesifieke rede, doelgerig.

Die kos sal ‘n bysaak wees nes die geregte wat ek nie nou-al van bewus is nie. Maw my tafel by Rebusfontein gaan ‘n redelike koslose affere wees, behalwe vir C wat sy gereg doer in die verte by sy eie tafeltjie sal geniet.

Oeps… die uitdaging is verby… maar aangesien ek nie kos op my tafel het nie kan ek dit maar netsowel as ‘n gewone blog plaas 🥴

https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a