Ja, ek is ‘n happy clappy, nou nie jou rowwe soort wat neerval en skreeu en allerhande geluide uiter nie, ek doen ook nie die doom ding, of die weiding -ding nie, asook nie massa opsweping nie, net ‘n gewone happy clappy wat baie lief is vir die Here en die dinge van die Here.

Ek hou nie van Bible Bashing nie, en het die Zoeloe gesegde van: mnr jou lewe praat so hard ek kan jou nie hoor nie, my eie gemaak.

Maw meeste mense kyk en leer juis omdat die tong so onbetroubare vuurhoutjie kan wees. Hulle glo niks van Jesus praatjies nie – hulle glo in practice what you preach en basta met die res.

Ons pastoor het die Sondag die snaakste ding vertel – dit gaan oa oor ons sondige natuur. Hy gebruik toe die vb van die padda-prins. Die mooi jongvrou wat die padda eers moes soen om haar prins te kon ontdek. Na die soen besluit hulle om te gaan uiteet… mooi musiek by kerslig, lekker kos ens. En skielik kom daar ‘n vlieg aangevlieg en soos sy vorige natuur dit wil hê wonder die mooi prins moet hy… of moet hy nie… terwyl hy met verlange na die vlieg staar.

Wel, ons weet natuurlik die mooi jongvrou sou sowaar as waaragtig nie ‘n vlieg geëetery by haar kerslig ete geduld het nie.

Netso is dit met ons wat besluit om anders te leef… ons kan tog nie heeltyd wil terugval in ons sondige natuur deur te praat soos ons gepraat het voor ons ons vorige lewe opgegee het nie, ons kan nie wil leef soos wat ons in ons vorige lewe geleef het nie, as ons losbandig was kan ons nie nog van tyd tot tyd losbandig wil wees nie. Ons gewone praattaal net ‘n vloek/slegsê en skindertaal is nie, hoe kan ons onsself ‘n nuwe mens noem – ons bly dan terug foeter na ons ou natuur. En dit is al wat mense om jou raaksien.

Ons kan nie met ons een voet in die wereld staan en met ‘n ander probeer om ‘n heilige lewe te wil lei nie. Nes met die padda-prins moet ons ons vorige lewe afsweer en ‘n nuwe mens raak.

Ongelukkig hoor en sien ons hoe mense praat, sg kinders van die Here, wat genade kom goedkoop maak het deur doodeenvoudig voort te beweeg in hul vorige natuur, maar terselfdertyd omdat dit net GENADE is, skree ons is gered ongeag ons natuur. Nee, ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons Vader en die mense om ons om God se natuur aan mense te openbaar, en as ons praat soos die ou mens, leef soos die ou mens, dink soos die ou mens, het ons God gefaal, asook onsself.

Ek dink dit is hoekom daar so baie mense is wat Christenskap afmaak as ‘n klug, want te veel van ons spreek net die woord genade en vergeet dat mense na ons kyk – hulle wil ‘n verskil in die ou mens sien – hulle wil letterlik sien hoe lyk die nuwe mens en dan, net dan alleen mag hulle dalk ‘n hunkering kry na dit wat jou nuwe natuur vir hulle wys.

Genade was duur dit was aan ‘n kruishout vasgespyker met mense wat ‘n bespotting daarvan gemaak het – wys vir mense danksy genade hoe die nuwe mens lyk, wat glo dat daar ‘n houtkruis was waaraan ons Redder vasgeslaan was!!

Advertisements