1. Konsertinas, behalwe as Riku Latti melodie daaraan gee, doer… ver…  saggies en melankolies in die agtergrond.

 

  1. Die BLF en die BLF vrou met die potblou lipstiffie wat gisteraand mal geskree het op tv nuus oor grond wat hulle grond is, en hoe hulle dit gaan vat, wettig of nie – al die grond in SA is hulle sin!

 

  1. Mense wat ander mense in ‘n vorm plaas ipv om eers na hulle hart te kyk bv. my sus se onlangse “jislaaik het jy (ons niggie) se dogter gesien, sy is vieslik vet” Ek wou skree en vir haar vra hoe is dit so moeilik om eers die hart voor die vorm te sien. Ja, sy is oorgewig, maar weet jy hoe goed is haar hart, hoe baie sy vir haar familie doen? Waarom sien jy eers haar vorm raak, en ja, as jy dit eerste opmerk, HOU EERDER NET JOU MOND TOE!!! Is ons almal op die einde nie maar net ‘n vorm van God se beeld nie? En wie sê jou beeld van daai vorm is die regte beeld van GOD???

 

  1. My Rekenmeester.

 

  1. Witwyn – dit gee my die allervreeslikste hoofpyn so ook pienk wyn, ek drink rooiwyn, enige droeë rooiwyn met ys asb.

 

  1. Familie Politiek – dit is so onnodig maar tog so algemeen! Deesdae klink dit of daar letterlik in alle families politiek is!

 

  1. Mense wat by my skinder – dit laat my ril en wonder wat skinder hulle van my by die volgende persoon?

 

  1. Kliente wat my baie goeie bekwame diens beëindig.

 

  1. Mense wat kerm omdat hulle wel ‘n werk het! Wie het gesê werk MOET altyd lekker wees of klaarkom, indien dit die geval sou wees sou die werkloosheidssyfer hemelhoog gewees het. Werk raak nie klaar nie as dit kon sou jou salaristjek ook klaargeraak het.

 

  1. Louis Vuitton handsakke – want as ek ooit een sou kon koop weet ek verseker dit sal nie 1 miljoen rand in kontant binne hê nie, waarom? Want ek is nie deel van die regerende party se trogvreters nie! Nê, #Dudu?

 

  1. Weer my Rekenmeester – want ek hou rerig nie van hom nie, hy is alwetend ongeag die veld, hy weet als, rerig als, van spyker af, hoe om te verneuk sonder om uitgevang te word… tot by boeke – ‘n narigheid om te aanskou en dan skinder hy van als en almal op elke geleenthied wat hy kry, daarom regverdig dit dat ek 2 punte aan hom moet gee in: My Lys Van Ek Hou Nie Van Is punt 11 skinder, wonder ek nou net, voor ek die blog publiseer  🙂

https://www.google.com/search?client=firefox-b&q=riku+latti+somer

 

Advertisements