Tannie bestaan drake? Kom dit skielik en bitter onverwags van Lianè, my seun se aangelapte dogtertjie van 6. Terloops sy trek nogsteeds haar neus op vir my kos, is net nie meer so uitgesproke daaroor nie. Al wat sy by my eet is piesangs en ‘n soetigheid indien sy toegelaat word deur “die tannie”, wat sy behoorlik uitdruk as sy my aanspreek.

Ag Vader, dink ek by myself, hierdie klein nuuskierige agies en hul vrae waarvoor ek nie aldag antwoorde het nie.

Dit is net laasweek toe Elaine vir my vra of ek ook dink God is geslagloos, want haar pa sê Hy is geslagloos. Ek vererg my dadelik in die stilligheid en weet nou moet ek kophou. Ek is keelvol vir almal wat polities so korrek wil wees. Dit is vreeslik dat ons nie meer vandag ‘n “spade ‘n spade” kan noem sonder om in die moeilikheid te kom nie.

Ek antwoord haar as volg, Lainey, vlg my is die Here Jesus ‘n man, die Bybel praat van God die VADER, Jesus die SEUN waaroor ek wel nie seker is nie is die Gees, die Gees kan geslagloos wees, maar God is God die VADER, Jesus is God die Seun en dit is hoe ek hulle ervaar. GOD is my Abba Vader, Jesus die Seun is my Redder en die Gees is in my, die Gees is alomteenwoordigend en is my beste vriend omdat dit die heeltyd by my is, geskenk deur Jesus aan ons toe Hy opgevaar het na die hemel, sodat ek en jy nooit alleen sal wees nie. En dadelik antwoord sy my, “Ek het geweet God/Jesus is ‘n man, want die Bybel sê so.”

En vanaand is dit drake… ek is te oud vir al die vrae, en ek is boonop te blonde vir al die antwoorde. Ek sukkel op die beste van tye myself met vrae waarvoor ek nie antwoorde het nie. Nou dink ek, drake mmm, wat sal ek nou vir die kind sê. Nee, Lianè drake is fantasie! Dadelik sê my Veearts, ma is verkeerd drake is, selfs die Bybel praat van drake. Ag nonsens, waar lees jy dit?

GAAN LEES:

Job 40:15-24 New International Version (NIV)

15“Look at Behemoth,
which I made along with you
and which feeds on grass like an ox.
16What strength it has in its loins,
what power in the muscles of its belly!
17Its tail sways like a cedar;
the sinews of its thighs are close-knit.
18Its bones are tubes of bronze,
its limbs like rods of iron.
19It ranks first among the works of God,
yet its Maker can approach it with his sword.
20The hills bring it their produce,
and all the wild animals play nearby.
21Under the lotus plants it lies,
hidden among the reeds in the marsh.
22The lotuses conceal it in their shadow;
the poplars by the stream surround it.
23A raging river does not alarm it;
it is secure, though the Jordan should surge against its mouth.
24Can anyone capture it by the eyes,
or trap it and pierce its nose?

Eers bly ek stil, doodstil, ek wil eers vir myself dit in die Bybel sien, dadelik na ete gryp ek vir google, en waaragtig, daar is dit op wit en swart.

Die Veearts is al uit na haar eie plek en rooigesig sê ek vir Lianè, Ne’tjie, daar was drake, drake is nie net fantasie nie, die Bybel praat daarvan.

En wat sê die 6 jarige vir my? Awesome, ek het geweet drake het bestaan, nes dinosaurs!!! En met daai wete gaan sy en Lainey aan met hul gesprek asof als wat nou gebeur het die normaalste ding ooit is. Vrae waarvoor ouma/tannie antwoorde het, reg uit die Bybel, dit moet mos dan altyd die waarheid wees as die Bybel so sê, my google. En skielik voel ek effe meer belangrik net omdat iemand ook my mening as die finale sê ervaar, want hulle weet ouma/tannie soek eers die antwoord in die Bybel 😁 en as die Bybel so sê MOET dit die waarheid wees.

Advertisements