Gistermiddag toe ek by die huis kom, vind ek Gracie al neurie’ende en singende. Ek verwonder my altyd aan die feit dat hierdie vrou wat rerig ongeletterd is, en net ‘n huishulp al vir donkie jare vir my en ander gesinne is, nog kan sing.
Sy is altyd opreg bly om my te sien en uit te vra oor als – dit is altyd, hallo tannie, hoe gaan dit. Goed dankie tannie Gracie, goed met my ook soos met jou.
Goed, net om haar te sien en te hoor, so tevrede met bitter min. ‘n HOP-huisie, waarin sy haar eie seun en twee van haar kleinkindertjies grootmaak – met van die volwasse kinders in die agtererf in hul “shacks”.
Sy het ekstra gelukkig gelyk, so half en half ‘n gloed om haar gehad – asof sy bottels en bottels Colloidal Silver gedrink het.
Ek gaan nou nou by Ackermans, ek het die mooiste dress gesien – tjiep, hundred and seventy. Djy, djy moet gaan kyk by Ackermans, hulle het die mooiste dresses en hy is nie eers so duur nie. Saterdag is dit die soccer, my seuntjie hy speel soccer by Mamelodi en ek, ek wil mooi lyk want ek gaan hom cheer.
Netso bietjie agtergrond, haar seun is nou in grd 11 en in ‘n Moslem skool in Erasmia – maar boeta, die kind eet, slaap en drink sokker. Hy is altyd die goalie, hy speel vir sy skool in die 1ste span en dan speel hy ook in sy buurt se span, nl Olievenhoutbosch. Hy kry die een na die ander trofee.
Ek is saam met Gracie opgewonde oor sy vlg sokker wedstryd die Saterdag in Mamelodi, en dit is spesiaal vir die dag wat sy die mooi dress by AC-Kermans wil gaan koop. Jong Gracie, dit is so mooi, al die grootmense in die sokker, hulle gaan kyk en dan hulle soek die nuwe jongspelers vir Kaizer Chiefs ens. En as hy dan goed is gaan hy nog vir Bafana Bafana speel – en hy gaan vir sy mamma sê: mamma, ek is nou ryk, jy is nie meer die domestiek nie! Gracie, wie gaan dan na my luister as ek huil omdat die kinders my hart seermaak, wie gaan my troos as A-M lelik was met my, wie gaan vir my sê? Los hom, djy moenie worry nie, eendag as die mamma nie meer hier is nie, hy sal weet en dan dit sal sy beurt wees om te huil. Sy lag kliphard vir my en sê: ek, ek gaan nie die werk los nie, maar ek gaan by die pesnioen hierby djou, jy moenie worry nie. Maar wanneer my seuntjie hy sal die geld kry vir die soccer? Hierdie mense wat hom hiernatoe en daarnatoe vat vir die sokker, hulle wag dat hy klaarmaak met skool en dan gaan jy sien, die ander groot sokkermense hulle gaan hom soek, en vir hom baie geld gee.
Met die ruk sy haar selfoon uit om vir my te wys waar hy staan met sy trofee en ‘n goue medalje. Waar hy as goalie uitstaan tussen die ander spelers, Oe Gracie hy is die mooi, mooi kind! Sien djy, hy het my slippers aan wat jy vir my vir my bifday gegee, het laasjr. Waaragtig, daar staan die kind met een breë glimlag tussen die ander spelers met sy ma se pantoffels aan, ek kon my oë nie glo nie. Gracie, speel hy die sokker met jou pantoffels? Weer lag sy kliphard? Nee man, ek sal hom “moer”, hy trek dit net aan as hy klaar gespeel het, want sy voete hy is moeg, soos myne as ek die dag klaargewerk het.
En dit is met die gesprek wat ek my dag op ‘n hoogtepunt afsluit. Ek en die brakke gaan laai haar gou by die taxi-staanplek af, en ek besef ek het so baie om te leer van hierdie ongeletterde vrou in my lewe, hierdie vrou wat altyd sing, ongeag wat die lewe na haar kant toe gooi, met haar ZCC speldjie TROTS vasgespeld op haar bors, wonder ek, Here, sy gaan seker eendag direk hemel toe, al verstaan sy op die beste van tye niks van U nie, sal sy sekerlik eendag U genade smaak, die dag as sy hierdie tydelike lewe met haar ewige verruil? SY KEN VAN SING SELFS IN DIE DONKERSTE DONKER TYE, WAAR SY ‘N KIND AAN DIE DOOD MOES AFSTAAN OMDAT NIEMAND OMGEE AS JY NET ‘N NR IS. Sy weet van gelukkig wees saam met ‘n kind wat in ‘n liefdesverhouding met sy sokkerbal staan – sy maak my nederig voel in haar teenwoordigheid…
Oktober 13, 2017 at 1:39 nm
Wat ‘n mooi storie. Ek verlang nou sommer na my Emily wat ek agtergelaat het in Gauteng. Ook tevrede met min nadat sy agtergelaat is met twee klein kindertjies toe haar man gesterf het in ‘n motorongeluk. Elke dag by die werk, netjies aangetrek, hare in netjiese vlegseltjies, het sy my ma opgepas en my vloere gewas.
LikeLiked by 1 person
Oktober 13, 2017 at 2:18 nm
Jy maak my dag mt hierdie mooi storie. Gee haar ‘n drukkie van ou Toortsie af.
LikeLiked by 1 person
Oktober 13, 2017 at 3:17 nm
Te kosbaar. Hier by ons werk is dit die selfde. Die twee anderkleurige dames het baie minder as ons, maar is die mees gelukkigste en tevrede. As hul saam lostrek luister ons heeldag gospel in die kantoor.
LikeLiked by 1 person
Oktober 13, 2017 at 6:55 nm
Mens kan altyd leer by sulke mense. Ons nuwe huishulp is doof en ek kry sommer ‘n knop in die keel om te sien hoe sy regkom. Ek kry so skaam as ek so kerm en kla
LikeLiked by 1 person
Oktober 13, 2017 at 9:45 nm
Ou Bettie is net so lief vir sing. Snaaks hoedat die mamma’s altyd met die kindertjies opeindig. Bettie se kinders is in “Jhoeburg” en dis te ver vir hulle om te kom kuier. Maar naby genoeg om hulle kinders te los.
LikeLiked by 1 person
Oktober 13, 2017 at 10:10 nm
Jy vertel my. Die een kind se mamma is dood en die ander enetjie se mamma is gestremd en kan dus nie alleen kyk na die dogtertjie nie, sy bly by haar pa in Soshanguve, so Gracie kyk na die twee ou kleintjies op haar eie met ‘n lied in haar ou hart….
LikeLike
Oktober 15, 2017 at 9:56 vm
Jy laat ons almal verlang na die juwele wat deel was van ons gesinne. Myne was Amanda, wat die gospel cd’s self aangesit het en aan die einde van die dag gese het “Ek het vandag sommer so deur die huis geswewe” Sy was inniglik bly as sy my winkel lewe met my kon deel en so trots op elke geskenk wat ek gebring het uit Bali. So jammer afstand het haar weg geneem van ons af.
LikeLiked by 1 person
Oktober 15, 2017 at 2:27 nm
Ek vertel jou, ons het beslis baie te lere, juis omdat hulle bewys mens het nie al hierdie “goed” nodig om gelukkig te wees nie.
LikeLike
Oktober 16, 2017 at 9:14 nm
Ag dis so mooi vertel. Jy en Gracie is verstaan mekaar se harte!
LikeLiked by 1 person
Oktober 17, 2017 at 3:32 nm
Dis nou so mooi vertel. Ja, ons sit met juwele en kan so baie by hulle leer.
LikeLiked by 1 person
Oktober 17, 2017 at 3:34 nm
Nederigheid is in my geval beslis nr 1 x
LikeLiked by 1 person