Hierdie was ‘n moeilike een vir my, want ek wil graag veras word eendag, veras saam met ‘n hele paar diere wat my vooruitgegaan het se assies, waarvan net my man en kinders weet. Waarom? Want ek is bang as ander mense daarvan te hore kom mag hulle my dalk laat opsluit in ‘n gestig. Iewers gestrooi in my geliefde Overberg-distrik, die man kan die plek kies, hy ken my tog die beste in hierdie wereld. Terloops, julle is mos nie ander mense nie???

Eers het ek gedink, nee wat Hester, hierdie een gee ek ‘n mis, al weet ek nogsteeds nie hoe om jou eiers te lê nie. 

Na die afgelope week se dinge het ek besluit my grafskrif sal as volg moet lees: (omdat dit ‘n woeste week was, verdien ek my eie grafskrif)

LANK GELEWE EN GEDIEN. Hier rus sy. Niks meer calming signals vir haar nie – julle is nou aan jul eie genade met mekaar uitgelewer. Moor mekaar uit indien nodig. Maar sy en haar diere wat haar vooruitgegaan se assies… RUS NOU IN VREDE… in hemelse plekke waar julle nog nie is of was nie…

Die laaste stukkie is om net aan almal wat agtergelaat is bevestigend te wees oor wat hulle altyd oor gefluister het, maar nooit hardop wou sê nie. Totally van haar rocker af…. net sodat hulle kan heengaan en beter voel oor hulself en hulle gedagtes rondom my wat hulle nooit in woorde wou omsit terwyl ek in die lewe was nie, danksy my fantastiese grafskrif.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09

Advertisements