Toe my pieringoog Grd 1 toe gaan, 2014,  koop ek en haar oupa vir haar “die Cadii.” ‘n Rooi en swart een, sodat dit by haar skoolklere pas. Die ding het nogal vir baie debat gesorg in my gesin.

Maar ek het net my ou pieringoog in my geestesoog gesien waar sy elke dag met ‘n yslike rugsak op haar ou benerige lyfie naskool toe moes stap – en daarvoor het hierdie hart nie krag gehad nie. MAW, weereens het ek prakties gedink met die koop van ‘n “boekesak” – wat rerig flippen duur was en daarom was dit deel van haar Kersgeskenk vir 2013.

Die ding was amper netso groot soos sy, maar dit het wiele, en is boonop kinderbestand, sê hulle, en mens kan daarop sit as jy moeg is, vlg pieringoog wat “gedrool” het oor die ding. 

My dogter het gedink dit is die vieslikste ding ooit,  en het vir my gevra,  wat die hoenders het ma nou vir Lainey gekoop? Die kinders gaan haar uitlag met haar cooler box op wiele!!! 

Dit is ‘n Cadii tan-tan, al die kinders het ‘n Cadii, ek is mal oor my mooi Cadii – vanaf Lainey in die agtergrond.

Nou ja, die Cadii het gehou tot so maand en ‘n half terug, toe Lainey op ‘n manier die ding se sleepstang “verinnewoes” het. Gelukkig is ‘n Cadii soos ‘n kar, jy kry spareparts vir die ding, nes met ‘n kar, die parte kos ook netso duur soos ‘n kar sin, maar darem ook nou nie heeltemal so duur soos ‘n nuwe kar/Cadii nie. En my hart kon net nie die idee verdra dat my Lainey, so sukkel met een hengse swaar tas tussen die skool en die naskool nie, en ek het maar uitgehaal, die part gaan koop en oupa het die herstelwerk gedoen, want hierdie oupa doen net waarvoor Lainey se ouma vra, hy sê,  enige iets vir jou my lovie, as jy happy is, is ek happy!

Nou ja, Lainey het haar gedienste Cadii waarmee sy tussen die skool en naskool beweeg. Maar nog is die storie nie klaar nie.

Toe sy Maandag van die skool afkom sê sy vir my, ouma, ouma Bradley het ook nou ‘n Cadii, maar ek dink dit is fake, want sy wiele is plastiek! Ek dink sy ma-hulle het dit by die China-Mall gekoop. Lainey, jy klink nou nes ‘n brat – dit is dalk die nuwe soort Cadii’s, hoe weet jy. Asb ouma, julle moet dan eerder nie vir my ‘n nuwe Cadii kry nie ek hou van die ouer soort meer! En Lainey, wat maak dit saak as dit ‘n fake Cadii is, dit doen niks aan jou menswees nie, solank jy en ander kinders nie vir Bradley spot oor sy Cadii nie, want dit is leliker as ‘n fake Cadii! En o ja, Lainey onthou nou een ding mooi… al die kinders is nie so gelukkig soos jy om ‘n “ryk” oupa en ouma te hê nie… want as jou pappa vir jouself ‘n Cadii in grd 1 moes koop was dit ook sekerlik een wat hy by die China-Mall gekoop het,  en ek kan jou wed jy sou netso lief gewees het vir jou fake Cadii, as vir die regte egte Cadii. Moet asb nie in ‘n brat ontaard nie, dit is LELIK!! Ek weet ouma, ek sê maar net….

Advertisements