Hierdie erf storie laat my nog altyd wonder. 

Ek persoonlik het al ‘n allemimtige R100.00 plus ‘n stokou Olivetti tikmasjien geërf. Dit was van my dierbare, dierbare oupa Wessie – wat so graag op sy knieë voor sy bed vir almal wat saakgemaak het gebid het. Ek kon nie eens ietsie vir myself met die R100.00 gaan koop het nie, want ek het ‘n baba gehad. As jong verpleegster ma, en ‘n fabriekswerker pa het ons eerder Lactogen-formule melk vir die baba gaan koop.

Met my ouma aan moederskant, wat ‘n effe groter boedel gehad het het haar kinders geërf, die kleinkinders kon darem saam met die kinders gaan “bie” het op van haar meubels, en dan die een wat die grootste bod ingesit het kon dan die meubelstuk koop, die geld is in die boedel betaal en die kontant boedel was dan onder al haar eie kinders verdeel. Nogal cool, want ek het 3 meubelstukke toe uit haar boedel gekoop. 2 Spieëlkassies en ‘n laaikassie wat in my huis staan

Deur die jare het ek altyd vir my skoonma gesê as daar ietsie in haar huis is wat ek graag “eeeeeeennnndag” sal wil hê,  was dit ‘n antieke wastafel met so groen marmerbladjie. Mooiste mooi, nodeloos om te sê toe my skoonouers afgeskaal het, het hulle die grootste gros oortollige meubels vir my skoonsuster gegee, oa die wastafel – ek het niks gekry nie behalwe so 70’s look blink telefoontafeltjie, wat rerig lelik vlg my beskeie mening was, ek glo in so mate dat selfs my man se suster nie omgegee het dat dit na my huis kom nie. Dit is huidiglik in my dogter sy huis, ek neem aan sy hou daarvan.

My eie ouers het rerig niks – daar is ‘n ou Paul Potgieter landskap skildery wat ek gered het met een van vele treksessie van my ma-hulle, wat lank in my huis was. Eers as ‘n glorified skinkbord, totdat my skoonma, geskok,  my eendag vertel het dat die ding is rerig baie werd. Die lelike ou ding? Wou ek ewe weet. Sy het my dadelik na die man se ateljee gevat, en hy was absoluut gaande oor my “skinkbord” want die skildery was die ene koffiebeker merke, soos ek koffie vir mense daarop aangedra het, omdat ek die ding se raam afgebreek het en die skildery gedeelte, wat op hardebord geverf was, as skinkbord verkies het. Hy was gaande oor sy “ou werk”  en het aangegaan dat die ding nog in ou Pierneef-kleure geverf was, en hy sal dit rerig wil terugkoop in sy persoonlike versameling. Ek het natuurlik geweier, want dit was darem my ma sin. Skielik was die skildery nie meer so lelik nie, en ek het die ding mooi laat raam en teruggegee aan my ma as geskenk, wat nogsteeds wonder bo wonder, in my pa se huis hang want die ding is nogal ‘n pr rand werd. Ek moet hom kt gee, hy het al gesê ek moet dit vat, maar ek het vir hom gesê dit is syne, as hy eendag nie meer is nie sal ek dit vat as my broer of susters dit nie dalk geannekseer het nie – ek sal nie omgee nie, want ek baklei nie oor goed wat in elk gevalle nooit myne was nie.

Dus kan ek met ‘n eerlike gemoed sê, ons het nooit iets geërf nie, in elk geval nie iets wat ons finansieël vry sou kom maak het nie.

My kinders inteendeel, sal redelik welaf wees as ek en my man nie meer hier is nie, alhoewel nie een van hulle juis materialisties ingestel is nie, sal hulle darem min of meer finansieële vryheid hê met ons afsterwe. 

Alhoewel ek en my man al hoe meer vir mekaar vertel ons gaan als wat ons het, uitleef met allerhande verspotte goete en planne. En as daar iets oorbly, gaan ons dit vir die een of ander dergelike diere organisasie gee… Net omdat ons kan. Want volgens ons het ons kinders in ons lewe geërf, elkeen het ‘n grd of twee waarop hulle nie ‘n sent studieskuld gehad het nie, hulle het elkeen ‘n splinternuwe 1ste kar van ons gekry, en elkeen het ‘n hele huisraad vol meubels vd teelepel tot by die yskas uit ons. Spliternuut. Ek en my man het doeke getrap tot my seun amper 3 was omdat ons nie ‘n wasmasjien kon bekostig nie al ons meubels was stokoud en verslete. Dus, hulle het mos dan nou geërf….

Volgens my is erfgeld in elk geval swerfgeld, ek weet bo genoemde is al wat ek in my hele lewe sal erf, ek is doodgelukkig daarmee. Noudat ekself op ‘n plek is waar ek moet dink aan wie moet wat kry, omdat ons testament so sê, besef ek dat erf is rerig net ‘n voorreg en beslis nie ‘n gegewe nie. Ek hoop en bid dat my kinders dit ook so sal ervaar as ons nie meer is nie, en dat die nalatenskap wat ons in hul opvoeding nalaat veel meer sal wees as wat ons materieël nalaat. Dat hulle eerder op die eerste se waarde sal hamer as die tweede.

Want ek het nooit groot gedroom oor sg erfgoed nie, goed wat ek graag sou wou hê was meer agv sentimentele waarde… ek het dit toe nooit gekry nie. Ek is half en half oor die wastafel episode, ek vang myself net so nou en dan koekeloer as ek in die Kaap in oudhede winkels rondstap, of daar nie dalk een met ‘n groen marmerbladjie staan nie – maar dit is okay ek dink in elk geval nie ek sal dit koop nie, want op hierdie stadium in my lewe maak ek in elk geval eerder minder, as meer… en moet ek selfs my minder begin uitdeel totdat dit net noodsaaklik is wat oorbly. Waarom? Want ek wil nie my kinders eendag belas met ‘n spul goed wat in elk geval nie in hul smaak val nie…. en lets face it… ‘n mens het nie ‘n k@khuis vol goed nodig wat heeltyd aandag verg nie!!!! In elk geval nie in hierdie tydstip van die lewe nie….

Advertisements