Vandag wou ek beslis nie so ge-blog het nie – ek wou eintlik weer galbraak, maar toe gebeur die verandering van skrywe, die oomblik wat ek myself met die dag se nuus wou vereenselwig.

Ek gaan nou probeer om twee vlieë met een klap by te kom.

Ek wou vandag weereens, gedurende vrouemaand op my geslag se mense gil:- OK EK WEET DIE HUWELIK/VERHOUDING IS HUIDIGIK “CRAP” maar rerig hoekom moet die hele wereld se mensdom daaraan blootgestel word. Als in en om jou rafel uit, OOR JOU EIE CRAP KEUSES, maar rerig moet elke prentjie wat jy die wereld instuur wys hoe swaar die “arme ek” kry????? Goeie hemel moet jy/julle soos die dood lyk – ons wil nie blootgestel word aan jou openlike, “ek dink so min van myself, vandag gaan die wereld presies sien hoe min ek van myself dink, nie net in my prentjies wat ek in die virtual wereld instuur rondom myself nie, maar ek gaan amper nie eers my hare deurborsel nie, wat te sê van so bietjie oorlogverf aansit, al is dit net ‘n tikkie rooi op die lippe, nee, die wereld moet my pyn sien, asof hulle my kan red want ek wil myself nie eens red nie.” 

Ag nee man – raak wakker, hierdie wereld skuld niemand niks nie. As jy so voel is my raad aan jou gaan BLOG daaroor en kom asb oor dit, sonder om soos die dood self te lyk. Mills and Boon is nogal algemeen in hierdie wereld, ek glo daar sal ‘n menigte dit opslurp, maar moet asb net nie vergeet om almal te vertel oor hoe jou episode eindig nie, want die Mills and Boon’s tannies hou baie van ‘n soppy einde!

En toe, toe doen ek wat ek elke oggend doen as ek my voete in my kantoor sit, ek lees koerant, ek lees politiek, ek lees die sake deel van hoek tot kant, ek lees als… maar ek probeer om die grusaamheid van plaasmoorde mis te lees, ek probeer om die soveelste verkragting van ‘n kind mis te lees, maar ek lees beslis van ‘n arrogante miljoenerskind mannetjie, wat klaarblyklik sy hele gesin probeer uitwis het, en probeer om dit na ‘n rooftog te laat lyk. Want die mens se psige fassineer my, wat dryf kinders om hul ouers en geliefdes uit te moor, is dit die hoop van om jou hande op ‘n goudpot neer te lê, of is jy net inherent boos?  Mag die Here ons asb spaar van sulke kinders, ongeag hul rede vir die grusaamheid.

Maar toe val my oog op die politieke sphere van die oomblik, ek lees als wat ek wil weet van ons huidiglike politieke omstandighede in ‘n prentjie, en wat doen ek, ek skree van die lag… want damn ek is verlief op Zapiro die satirikus/kunstenaar se vermoë om ‘n hele storie in ‘n enkele prentjie of twee vas te vang, you go man, you go!!!!

Advertisements