soos ‘n goedkoop hygroman… en dan is dit nie eens goed geskryf nie. Sies man!

Nou ja, hygroman, ongelukkig nie “trials  and tribulation, maybe”

Maar eintlik is ek rerig erig eintlik ‘n heel gelukkige mens wat stoei om somtyds sin te maak in die doen en late van my eie,  en ‘n ander se mense.

Ek bemoei myself rerig net met mense vir wie ek omgee, as ek dus nie bemoeienis met jou maak nie… daar is ‘n rede. 

Hulle noem my ‘n middeljarige vrou op my ID, in my kop is ek ‘n redelike vrygees wat myself nie te veel steur aan mense se “dink” van my nie, as ek my man wil aanvat doen ek dit, as ek sê ek hou meer van my hond as van jou, bedoel ek dit, jy was nog nooit op my skoot toegelaat nie – my honde boer wel op my skoot. Ek ❤ super duur jeans, boots en jasse wat ek huidiglik nie rerig kan bekostig nie, en dan my swart leerbaadjie! Blommetjie patrone lyk altyd mooi aan ‘n ander, die oomblik wat ek dit aantrek lyk ek soos iemand wat uit die Amish-kamp ontsnap het. In die somer dra ek spykerhakke met geverfde toonnaels, want dit lyk mooi ek worry nie of jy my middeljarig noem nie. 

Ja, al is ek middeljarig dra ek spykerhakke en voel mooi daarin alhoewel ek in silence suffer, ‘n ander dimensie gee, want toe my seun ‘n finale jaar Teologie student was het ek middernag van my huis se trappe afgeval omdat ek wou sien of hy nie sy girl insmokkel nie – ek was nie lus vir ‘n onbeplande baba nie, dit was toe reeds te laat, ek het my enkel gebreek en loop nou met ‘n helse klomp staal in my enkel rond, ek en my man het die prys betaal, maar vandag is ons geseën met ‘n 9jarige pieringoog op wie ons totaal en al verlief is!!! 

Ek is nie bang vir die donker nie maar ek is doodbang omdat my briljante dogter haar hart op ‘n man verloor het wat weer sy hart op als wat rokdra verloor het, nog altyd ten koste van haar en sy kan nie aanbeweeg nie- die magteloosheid maak my bang, nie die donker nie!

Ek lees graag mense se gedagtes en is normaalweg reg oor dit wat ek lees, ek let fyn op na goed om my wat ‘n ander dalk nie eens sal oplet nie, soos gewasemde vensterruite met ‘n eie storie – ek onthou beslis altyd wat jy voorheen met my gepraat het moet asb nie anders dink nie.  Ek hou nie baie van mense nie, maar mense noem my ‘n mensemens, wat dit ookal is, ek is nie een nie. Ek is ‘n dieremens want hulle is minder judgemental. En laastens ek is absoluut mal oor die blondekaart wat ek graag speel omdat dit my natuurlike haarkleur is!

So ja, vir jou lees my lewe soos ‘n goedkoop hygroman en is dit sies, waarom lees? My blog, en soos dit sê hier blok ek en ek sê wat ek wil en hoe ek wil…

Advertisements