Ek wonder die laaste tyd baie oor my eie sondes as mens op hierdie aarde. Ja, moet nou nie my stenig nie, ek is ‘n Christen wat my geloof uitleef en in verhouding met Jesus Christus lewe – maw ek is gelowig wat glo aan ‘n beter lewe as die een waarin ons huidiglik is, een waar ons nie in ‘n ewige stryd met die vyand is nie!

Maar ek het ook ‘n redenasie vermoë ontvang en hierdie is ongelukkig my achilles heel hierop aarde – ek ag myself as ‘n analitiese mens en wil graag antwoorde hê wat sin maak – nogal vreemd vir iemand wat in geloofsoortuiging ‘n pad met die Here loop, met Hom praat sonder dat ek Hom in my vleeslike teenwoordigheid het  – weet ek Hy is met my en dat Hy sê ek is na Sy beeld geskape, maw Hy het al dieselfde vrae gehad wat ek het, al verskil is Hy het ook die antwoorde – wat nou nog in ‘n mate ‘n geslote boek vir my is.

Maar terug by dit waarmee ek huidiglik wroeg – ekself het maar goed drooggemaak in my lewe, my keuses was ook nie altyd weldeurdag nie – dit is ongelukkig ‘n klok wat ek nie kan terugdraai nie. Maar ek het rerig hard gepoog dat my keuses nie my kinders negatief beinvloed nie. Daar was selfs ‘n stadium wat ek en my man reg voor die skeihof se deur gestaan het agv my, nie hom nie, maar ek kon net nie die gedagte hanteer het dat my kinders deel van hierdie wereld se statistiek sou word nie, en het besluit dat ek eerder sal werk aan my huwelik met hul pa, vandag in retrospek is ek dankbaar ek het dit gedoen, want ek is opreg lief vir hulle pa.

Maar nou wonder ek deesdae, daai sondes van ons, manefesteer dit nie dalk in ons kinders op ‘n stadium nie, herhaal hulle nie ons foute sonder dat hulle eens bewus is daarvan nie?

Is dit nie deel van die blinde sambok nie?

Advertisements