Sonder om uit die oude doos te klink, maar baie mans van vandag het geen behoefte daaraan om te “commit” nie. 

Waarom sê ek so? Want baie vrouens, selfs jou sogenaamde hooggeleerde vrouens is maar net te gewillig om “als” te gee wat mans begeer. 

Waarom sal hy die eerbare ding doen as hy “als” kan kry, sonder dat dit hom enige sent, of net  ‘n gryntjie commitment kos?

In baie gevalle gaan plak hulle sommer op die vrou se onkoste by haar aan huis, wasgoed word gedoen, kos word gegee, goed word betaal, maar oi, oral op sosiale media (en moenie van by die kerk vergeet nie) staan die verhoudingstatus soos ‘n geel oorryp puisie: enkellopend net vir in geval hy dalk die “ware vrou/meisietjie van sy drome raakloop” maw die trophy-vroutjie waarvan die hele wereld maar kan weet, en wat nie reeds deur sy soort ingeloop/ingery was nie.

Is vrouens rerig so desperaat dat hulle geen selfrespek oorhet nie, of gaan dit werklik oor statistiek wat reken vir elke 10 vrouens is daar 1 man? Dus vat sy maar wat sy kry.

Hierdie sg enkellopende mans met hul kamtige eie huise, maar wat in die nagte van die een vrou na die ander se huis sluip, ongeag haar huwelikstatus en net vir ‘n “gelukkie“, laat my verstom. Maar wat vir my erger is, is hierdie vrouens wat maar te graag die tipe mans in hul hart, huis en lewens toelaat, en moenie vergeet van hul beursie nie. 

Ek kyk na hulle en al wat ek kan dink is, sucker jy verdien jou seerkry cum laude, want rerig geen man is dit werd nie, hoe gaan hierdie man eendag wees as hy tot trou kom? Ek glo nie sy skelmstreke kom op ‘n einde nie, hy raak net skelmer – of hy dink in elk geval so min van die vrou met wie hy getroud is, dat hy nie eens sal omgee as sy weet hy is ‘n nagsluiper nie.

Of nog erger, hy ruil al hierdie vrouens by wie hy so tydens sy sg “proudly single” stadium rondgesluip het in vir ‘n goeie, mooi ou maagdelike meisietjie met wie hy voor die kansel kan staan, en sy ewige trou aan sal sweer… met “al” sy dames van die nag as getuie van sy gelukkige dag, en sy voorneme van getrouheid aan die nuwe vrou in sy lewe, net om sy laaste stekie in te kry…. en net omdat sy nie tweedehands is nie!!!

Hy het haar gejag, sy is die trophy vrou, en die ander was net die jag om sy luste en behoeftes te bevredig… sucker!!!

Advertisements