Woensdae is Bodytec dag – en Dinsdag sê my partner in crime sy gaan Woensdag so te sê heeldag in teater wees, hulle het die een na die ander operasie wat geskeduleer is vir Woensdag.

Nou ja, met dit in my agterkop bel ek haar net so voor ons oefensessie om haar te herinner dat ons oefen. Nou ja, om enige van my kinders in die hande te kry is om letterlik ‘n FBI op hulle te trek, hulle flippen antwoord net mooi nooit enige foon nie, selfs nie my landlyn in die huis nie – die ding sal lui en lui en lui met my wat op die troon is en een van hulle reglangs die ding, maar antwoord, gmf. Dan sal ek soos ‘n Banshee 

(ban·shee

ˈbanSHē/

noun

noun: banshee; plural noun: banshees

  1. (in Irish legend) a female spirit whose wailing warns of an impending death in a house.

    “the little girl dropped her ice cream and began to howl like a banshee”)

van die troon af skreeu, antwoord die flippen foooooon, ‘n sekonde voor dit ophou lui!

Maar nou ja, terug by gister, toe sy nou nie die selfoon antwoord nie bel ek die praktyknommer, dit opsigself is ook ‘n gevaarlike aksie van my kant af, want sy duld nie privaatoproepe sommer netso by die werk nie. Maar dit kan nou nie anders nie.

Uhm hallo, dit is Alta-Mari se ma hier, Uhm het sy al gery? Uhm… “Nee, sy is nou net in die teater in, so sy is hier” Okay,  Uhm ek neem aan dat ons dan seker nie vandag gaan Bodytec nie. ‘Nee ek glo ook nie so nie” Dankie, sê net asb ek het gebel oor die Bodytec.

So draai ek my kar om en ry terug huistoe, maar net gou vir Lucas bel en ons oefensessie uitskuif. Hi Lucas, Elanè hier. “ek wil net gou ons oefensessie skuif , ek was nou oppad na julle maar Alta-Mari, gaan dit nie maak nie, sy is nou net in die teater in, ek dink nie sy hou tred met die tyd nie. Kan jy dit na Vrydag skuif asb? Geen probleem nie, ek kan julle Vrydag 14:00 help? Dit is reg met my, maar maak dit asb tentatief, aangesien ek dit met Alta-Mari wil bevestig – ek sal jou voortydig laat weet. Dit is reg, maar julle het intussen ‘n afspraak vir Vrydag.

Terug by die huis sit ek die ketel aan en dink by myself saligheid op note, bietjie alleentyd kan mos net lekker wees. En hier lui my foon: Ma, ma moet nie sommer net goed aanneem nie, ek sal self met ma reël as ons planne verander! Hoe kanseleer ma nou ons oefensessie. Uhm…Uhm jy het gister gesê jy is baie besig en ek het jou op jou eie foon gebel… en ek het toe eers die praktyk gebel, en ek… Ma, ma hoort van beter te weet, ek is ‘n grootmens en sal ma self laat weet as my program verander, ek weet ook nie hoekom luister die ontvangs na ma nie!!! Uhm, toemaar Bok, ek bel gou vir Lucas en sê vir hom ons is oppad, ek het net gedink… Ek wil oefen, wat verstaan ma nie?

Hallo Lucas, Elanè hier, asb moet nie ons oefensessie kanseleer nie ek en Alta-Mari is oppad, ek het die kat aan die gat beetgehad, soos gewoonlik as dit by my dogtertjie kom. Regso moenie worry nie, sien julle nou.

Nou ja, en so Bodytec ek met ‘n yskoue hart teenoor my partner, en ‘n hoogs bemoerde kop omdat sy dink ek is op die beste van tye deel van haar ontvangs, en sonder ‘n dooie woord aanmekaar is ons deur ons oefensessie.

Die aand toe sy by die deur instap sê ek vir haar, Bok, ek hou rerig nie van die manier hoe jy vanmiddag met my gepraat het nie, ek het rerig jou eers op jou foon gebel en toe die praktyk, en slegs omdat jy vir my gesê het jy het ‘n besige dag. Ma, ek was nie lelik nie, en ek het nie nou die krag hiervoor nie, ek gaan nou huistoe!! Al mompelende praat en bestraf ek myself, ja, jy leer nie, plaas jy nou maar net jou “bek” gehou het – nou verwoord jy jou misnoeë met haar, met my alter ego wat antwoord, maar sy het voorheen gesê as jy ‘n probleem met haar het, moet jy dit nie vir haar  op skrif sit nie, jy moet soos ‘n grootmens met haar praat? WTF – EK WEET DIT IS LELIK, MAAR JA, WTF – kinders klein en groot, jonk en oud is waaragtig nie vir sissies nie, en ek, ek kan nie wag vir die dag wat ek gaan KAAAAAPPPPPP nie!

En ek gaan julle nooit bel nie, hoor my lied, nooit!!!! (want julle antwoord in elk geval nooooiiiitttt die flippen foon nie!!)

 

Advertisements