The heart of animals is the foundation of their life, the sovereign of everything within them, the sun of their microcosm, that upon which all growth depends, from which all power proceeds.”

* Elsabé Brits is Netwerk24 se wetenskapjoernalis.

In sowat twee-derdes van gevalle is stres wel die oorsaak, volgens Weich, maar nie in alle gevalle nie. Die toestand kom byvoorbeeld veral by postmenopousale vroue voor.

Dr. Annari Van Rensburg, kardioloog by die Durbanville Mediclinic, sê sy het die siekte al in verskeie pasiënte gesien.

In een geval het ’n middeljarige dit ontwikkel nadat ’n Kaapse kobra hom gepik het. Hy het, soos meeste mense met die toestand, daarvan herstel.

Sowat 90% van mense wat met die toestand gediagnoseer word, herstel vanself.

Obel het ook al verskeie sulke gevalle gehad. Dis nie algemeen nie, sê hy, maar dit kom beslis voor. Van Rensburg sê sy dink dit is meer algemeen as wat ’n mens dink, omdat dit dikwels verkeerd gediagnoseer word. Sy sê die erns verskil van geval tot geval, maar dit kan lewensgevaarlik wees.

In sowat 1% tot 2% van gevalle waar dit aanvanklik lyk of iemand ’n hartaanval gehad het of kry, is dit inderwaarheid takotsubo-kardiomiopatie.

Sowat 90% van mense wat met die toestand gediagnoseer word, herstel vanself, sê Weich, en omdat die patofisiologie van die siekte nie heeltemal verstaan word nie, word net die simptome behandel.

Voel soos hartaanval, maar is nie Daar is nie ’n spesifieke behandeling vir die toestand nie, hoewel ’n betablokker simptome kan verlig. Van Rensburg sê indien die persoon die eerste paar dae oorleef, is die uitkoms gewoonlik goed.

Wanneer mense wel doodgaan, soos in Venter se geval, is die oorsaak van sterfte nie ’n hartaanval nie, “maar heel waarskynlik ’n versteuring in die hartritme”, sê Weich.

Dit kan ook gebeur dat die hart ophou pomp en kardiogeniese skok veroorsaak, sê Van Rensburg. In skaars gevalle kan die hartspier skeur of bloedklonte kan vorm in die deel van die hart wat nie saamtrek nie. Dit kan ’n reuseberoerte veroorsaak.

Die toestand voel soos ’n hartaanval, maar is nie.

Dr. Patrick Skerret, kardioloog aan Harvard-universiteit, het in ’n artikel geskryf die benaming “gebrokehartsindroom” is “oulik” maar beperk.

Die menslike liggaam stel sekere hormone vry tydens en ná groot skok, trauma, vrees, pyn of selfs groot vreugde (soos wanneer iemand iets wen). Kortisol en adrenalien bruis deur ’n mens se are en kan die hartritme versteur indien dit aanhoudend gebeur.

Trauma is kompleks In 2014 het die American College of Cardiology navorsing gepubliseer om juis meer bewustheid oor die toestand te kweek by dokters wat in hospitale se trauma-eenhede werk. Dit kom nadat daar in 2004 en 2011 se reuse-aardbewings en daaropvolgende tsoenami’s mense was wat met dié toestand gediagnoseer is.

Trauma is kompleks en dit sou naïef wees om te dink volgehoue skok, pyn, verlies, depressie, ondraaglike druk en hartseer sal nie ’n invloed op ’n mens se liggaam hê nie.

Die College wou dokters bewus maak van die snellers wat die toestand kan veroorsaak, wat ook natuurrampe insluit.

Al is die toestand redelik skaars, is dit iets wat met gesonde mense kan gebeur.

Trauma is kompleks en dit sou naïef wees om te dink volgehoue skok, pyn, verlies, depressie, ondraaglike druk en hartseer sal nie ’n invloed op ’n mens se liggaam hê nie. Dit kan jou lewe verkort en selfs jou dood veroorsaak.

William Harvey (1578-1657), die eerste mens wat die sirkulasiestelsel volledig beskryf het, het in 1628 in sy huldeblyk aan Koning Charles van Engeland gesê:

* Bykomende bronne: Takotsubo cardiomyopathy – a clinical review (Medical Sciene Monitor); Can you die of a brokern Heart? (Harvard Health Publications); Takotsubo cardiomyopathy: Pathophysiology, diagnosis and treatment (World Journal of Cardiology).

 

 

Advertisements