Dit is ‘n galbitter pil as jy weet iemand vir wie jy so lief soos jou eie lewe het is besig om met vuur te speel… ongeag rooiligte wat regoor die spektrum aan en af flikker om dit aan haar uit te wys. 

Ek het Andrè le Roux se nuutste boek gekoop. Ja,  dit gaan nogsteeds oor verskillende persoonlikheidstipes wat heeldag en aldag om ons is. 

Toe ek die boek gekoop het, het die verkoopsman wat die boek opgelui het vir my gevra, “what does it mean when it say: Hule is tusien once?”

Well let me explain, it means the crazies this author is writing about are all around us, they maybe even your best friend and you most propably won’t even know it! This is how many crazies there are on this blooming earth! 

En in stilte dink ek aan my geliefde wat nou maar net eenmaal nie so persoon uit haar sisteem kan kry nie – die grootste narsis waarop ek nog my oë gelê het! Iemand wat geen respek vir ander se verhoudings het nie en wat absoluut mal is om in skelm verhoudings te wees. Sodra enige van sy verhoudings in die lig kom raak hy verveeld, maar my geniale geliefde dink sy kan hom verander. Sy besef nie deur om die vent skelm te ontmoet sy die vlam binne in hom stook nie, en dan maak enige soort verhouding met haar hom opgewonde, want dit is skelm en agteraf – want ons weet kamtig nie. Die ergste van als is dat sy dink ons lees nie in haar gedrag dat sy hom gaan sien nie – sy verdwyn net sonder om ons in te lig. Normaalweg sal sy die presiese details van haar doen en late aan ons weergee, maar met hom dink sy as sy niks sê nie, sien sy hom nie volgens ons en klaarblyklik haarself!

Maar ja, terug by die boek. Die verkoopsman sê vir my, “I think my brother are one of them, these crazies this Andrè guy is writing about. Are you a pshycolgist?

No unfortunately not, I only like to read about all types of personalities, specially the “crazy ones” which think they can fool you into believing something they aren’t. I want to be able to see them from a mile away, so that I can put on my running shoes and immediately go into hiding. They creep me out. 

En so loop ek by die winkel uit met my geliefde wat in my hart en siel spook omdat sy vas glo sy kan iemand verander, wat ek danksy die ouderdom en ondervinding weet nie kan, of gaan verander nie. Ek voel sleg omdat ek so min van die man dink en wil glo dat die Here enige mens kan verander, maar kan Hy nie asb in hierdie geval hom vir iemand anders verander nie, en hom net uit my geliefde se sisteem kry nie?

Hoe is dit dat kinders rerig nie na hulle ouers se waarskuwings wil of kan luister nie?

As die vrees my oorval dan dink ek oor hoe hy haar stelselmatig van ons, haar familie gaan vervreem, en dan wanneer sy niks meer het nie, hy haar totale menswees gaan verbrokkel – hy het dit mos nou al oor en oor bewys, hy is nie instaat tot opregte omgee vir die vrou in sy lewe nie. Hy moet ALTYD meer as een aan sy lippe laat hang om beter oor homself te voel en sy hou haar blind daarvoor. Die ergste is sy weier om ons pyn en magteloosheid te erken en dink ons is nie eens amper bewus van haar doen en late nie, terwyl ek nagte omlê en net vra, asb Here, asb maak haar geestesoë oop!

Nou wonder ek selfs oor  “hierdie vrouens” wat hierdie tipe mans aanhang, is hulle nie ook maar op die einde net “af” nie? Hoekom jou ophou met iemand wat behae daarin het om jou seer te maak, dit is mos ‘n masochistiese neiging? 

Ag Here…. asb tog ek wil nie meer hiervan weet nie… me… want to hide from my own fear!


Advertisements