“Ek wens so Elaine wil bykom wat haar ma betref. Sy sal waaragtig vir Melissa sê: “my pa wil vir my ‘n foon koop sodat ek my ma kan bel”. Sy moet bykom, sy moet weet haar ma het geen, maar geen waardetoevoeging tot haar lewe nie!!”

(So slaap ‘n pa as hy pa-ma speel)

En dit is die gesprek wat ek met my pieringoog se pa moes hê kort na kerk.

Nee Roelof, wat gaan aan met jou? SM sal vir altyd haar ma bly, en dit is nie jou plek in hierdie lewe om haar ma te “define” nie, in elk geval nie in Lainey se wereld nie.

Ja, maar sy doen niks, net mooi niks vir Elaine nie, sy reik nie uit na haar nie, niks! Sy is nie ‘n ma se “gat” werd nie…

Ja, ek en jy weet dit, maar dit is nie ons plek in hierdie wereld om dit vir Elaine te sê nie – sy sal self dit wat sy moet weet uitvind, en as sy dit nie uitvind nie, sal dit ook goed wees. ‘n Mens se “ma” is die een wat jou primere versorging meemaak. Elaine sal eendag weet dit was ek, jy en Melissa gewees wat haar snot afgevee het, haar hare versorg het, haar menswees vertroetel het, sonder dat dit nodig was om haar ma by haar sleg te maak. Laat haar toe om haar eie beeld van haar ma te vertroetel nes sy wil, dit is haar voorreg.

“Ja, maar…”

Roelof, dink jy regtig dat ek nie lus is om aan die gil te gaan as Elaine vroegoggend net moeilik is omdat sy kan nie? Dink jy ek wil nie gil en aan haar skree dat weet jy, jou ma troon uit as die persoon wat my al die diepste seergemaak het in hierdie lewe nie? Jou ma het my familiebande kom vernietig met haar leuens? Jou ma is die grootste deel van pyn in my lewe, in so mate dat die pyn van alkoholis-ouers soos ‘n “walk in the park” lyk in retrospek! Jou ma het sopas 100e duisende rande uit haar pa se boedel ontvang, tog het sy nie eens ‘n “panty” daaruit vir jou gekoop nie, want in haar wereld bestaan net sy en haar onmiddelike “well being”? 

Maar ek het nie die reg nie, jy het nie die reg nie, Melissa het nie die reg nie – Elaine alleen het die reg om haar ma se beeld in haar lewe te “define”, al is dit oor denkbeeldige kuiers by haar ma en die diere waarmee haar ma haarself omring, denkbeeldige oproepe wat sy van haar ma ontvang ens. 

Jy hoef nie uit te brei op haar droomwereld nie, maar jy durf dit ook nie onderbreek met jou waarheid nie! Lainey sal haar eie waarheid ontdek en uitleef en as sy stukkend is daarna sal ek, jy en Melissa, daar wees om die “brokstukke” op te tel! Maar my gebed sal altyd wees dat Elaine vir altyd sal weet sy is heel, ongeag ‘n onbetrokke ma. Dat sy as mens altyd vervuld sal wees oor ons impak in haar lewe, en dat sy bo als sal weet, soos die getuienis vanoggend tydens die erediens waar iemand wat sy kind aan die dood afgestaan het,  altyd kon vashou aan die volgende gedagte van ” GOD IS GOD EN GOD IS GOED!

So kom asb oor jouself en vergeet daarvan om vir Elaine enige negatiewe dinge rondom haar ma te vertel, ongeag jou eie pyn net omdat haar ma julle twee verruil het vir ‘n ander.

(Roelof en die “dogtertjies” in sy lewe – Elaine onder, en Leanè bo, “sy dogtertjie” van ‘n ander pa…)

Advertisements