*kan als nie asseblief tog net na NORMAAL terugkeer by my kantoor nie.

*kan my man asseblief nie dit persoonlik maak as ek sê: jy speel te veel skaak, jy is afwesig.

*kan daar asseblief  ‘n “cure” wees wat nie in pilvorm is vir almal wat aan geestesongesteldheid ly nie

*kan U my asseblief wys as daar mense is wat ek moet vergewe wat ek volgens U nog nie vergewe het nie

*kan U asseblief toesien dat my dogter se toekomstige man net lief vir haar sal wees, en dat dit asseblief tog die man is wat U vir haar gedroom het as hy haar pad kruis

*kan daar asseblief in mense se harte gepraat word wat dink iemand,  wat aan ‘n ander behoort, nie deur U na hulle gestuur is as metgesel nie. Dit is verkeerd!

*kan Roelof, asseblief sy voete in sy nuwe werk vind, en deurdruk met sy studies wat huidiglik na ‘n berg vir hom lyk omdat hy so hard werk by sy nuwe werk

*kan Lainey se huidige liefde vir die dinge van God, vir altyd soos ‘n onblusbare vuur in haar hart brand

*kan daar asb familie eenheid herstel word waar daar families uitmekaar geruk is agv omstandighede

*kan elke weggooi hondjie/katjie/voëltjie asseblief net ‘n vir altyd huis kry, waar hulle lief gehê kan word

*mag die twee nagmerries van die afgelope 2 nagte wat wys daar word by my huis ingebreek, met ‘n krimineel wat in ons stort wegkruip net ‘n nagmerrie wees, en nie ‘n voorbode is nie

*mag kleur asseblief nie meer so groot rol in ons politieke landskap speel nie

*mag almal wat ophou kuier het by SPUR teruggaan, en ophou met die verspotte boikot wat net ‘n politieke- en kleur ondertoon het, hope mense het hul werk verloor danksy ‘n individue se onoordeelkundige uitspraak

*mag elke werker wat ernstig is oor werk, wat by my kantoor instap, hul droomwerkie kry met die hulp van ons – en mag ons ‘n baken van hoop wees

*mag elke vrou wat in werksverband in die nagte uitgeroep word, asseblief veilig wees, sodat hulle hul werk kan doen sonder vrees

*mag hierdie man wat dit sy lewens missie (9jr lank) gemaak het om godsdiens in skole aan te vat, vir homself ‘n Bells skink, en oor sy selfvoldaandheid kom – hy het dalk gewen, maar die prys is ‘n aanwysing van die morele verval van ‘n samelewing, baie geluk

HERE KAN U ASSSEBLIEF…

(en op hierdie noot sluit ek af, hierdie lysie is legio, en ek weet ieder en elk van ons kan elke dag iets by hierdie lysie voeg van, asseblief Here…)Edit

Advertisements