Na aanleiding van my koerantlees vanmore, wil ek graag die volgende stelling van “ene” Steve Hofmeyer, 

met julle deel – dit is so treffend mooi, sy woorde sit ek in bold – hieronder is die kommentaar wat ek gegee het na die lees van die artikel oor die geboorte van sy 6de kind.

Ek stem 100% saam met die vlg stelling maar sal dit self verander na ouerskap is:
“Vaderskap (ouerskap) het te doen met die toekoms en die verlede. Vir ’n verskriklike kort tydjie is jy ’n ligtoring. En jy hoop daai liggie brand skerp genoeg om vir jou kinders hul eie vlerke te gee.”

Ekself het ouerskap baie traumaties ervaar, baie bevredigend, maar erg traumaties. Ek het geen ondersteunings netwerk gehad nie, en was dus solo met ‘n man wat baie hard- en ongelooflike langure gewerk het,  en soos julle weet was ek verdomp jonk toe ek my eerste kind gehad het. Dit was waaragtig trial and error. Ek het ‘n permanente gebed in my hart gehad en die gebed was as volg: Here, as hierdie kind net ‘n maand lank leef weet ek hy sal dit maak, maar asb net ‘n maand. Ek het elke oomblik van die dag as hy geslaap het my vinger onder sy neusie gedruk net om seker te maak hy haal nog asem. Ek was vas onder die indruk dat hy nie eens die 1ste 48 uur gaan maak met my aan die stuur van sake nie. En vandag 32jaar later is hy ‘n vet uitgevrete “moegoe” met sy eie klein peiringoog. Hy laat ouerwees so maklik lyk, ongeag die “raw deal” wat hy gehad het met sy vroeë egskeiding en toe die enkelpa-skap daarna.

Met my dogter was dit ‘n ander storie – sy was tot op die letter “T” beplan, als rondom haar was so reg en toe met haar geboorte het sy geskree en geskree en geskree – Die eerste 3jaar van haar lewe was sy soos ‘n stukkie gom aan my, en as ek nie iets gedoen het waarvan sy gehou het nie, het sy uitgebars in trane en vir my gesê: Jy is nie meer lief vir my nie!! Maar ek kon dit hanteer het want ek het gedink dit is waaragtig die mooiste ding wat die Here ooit in my hande kon plaas. Vandag is sy 29, sy reken nogsteeds sy sou ‘n baie beter “enkelkind” gewees het, as om sibbe te moet hê – maar sy aanvaar dat sy ‘n broer het, en dat haar broer sommer meer geword het met die geboorte van sy eie dogtertjie.

Ek is nogsteeds nie ‘n klein-kindertjie mens nie, ek dink ek is dalk te OCD daarvoor. Maar ek maak beslis ‘n wilsbesluit om elke kindjie wat my pad kruis met ‘n glimlag weg te laat gaan van my af – ek dink ons is dit aan hulle verantwoordelik, hierdie sg kinderlewe is so vinnig verby, en terwyl hulle nogsteeds ‘n liedjie in hul harte het moet ek asb tog net nie die een wees wat daai liedjie smoor nie – hulle moet weggaan van my af met die liedjie wat steeds in hul harte speel, en verkieslik effe harder en hopelik is dit in rock “majeur”…

Ek is nou maar eenmaal ‘n dieremens deur en deur, want by hulle alleen sal jy die kuns van onvoorwaardelik leer vir solank as wat hulle lewe. Al wat hulle wil doen is om “hul mens” tevrede te stel, sonder enige verwagting… ek hou daarvan!! Maar ek besef ook die waardetoevoeging wat ‘n mens se kinders en ander mense tot ons lewens bied, al gaan dit baiekeer met erge trauma gepaard. Maar ja, waar in die Bybel staan dit dat dit ‘n “easy ride” sou wees… dit is wat dit is… die lewe op aarde en dit is nie vir “sissies” (The Japanese word bishōnen is also a polite term for a man or boy with gentle or feminine attributes. The word sissy in its original meaning of “sister” entered American English around 1840-1850 and acquired its pejorative meaning around 1885-1890; the verb sissify appeared in 1900-1905) nie!!!!

Tot silly quizzes sê ek is beter met diere 😉

Advertisements