Bygewerk:

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ons-is-jammer-se-spur/

Dit is nou-al die hele naweek wat ek aan hierdie, JA OKAY, die holrug geryde SPUR-insident dink. Elke keer as ek verby ‘n SPUR ry kyk ek na binne en sien ‘n dol leë familie eetplek… en ek wonder…

Ek wonder oor die mense wat noodgedwonge laat gaan is omdat daar nie werk vir hulle is nie – en dink ek aan my land met sy, o so groot, werkloosheidsyfer.

Ja-Ja ek is ook wit en ek weet die PR-MONSTER het goed drooggemaak om kant te kies, kant te kies omdat hulle die demografie van hul kliente verkeerd gehad het, en so ook die land se demografie in ag geneem het by hulle sg kantkiesery.

Maar weet julle daai Franchises het elkeen ‘n Franchisor wat heelwaarskynlik hulle hele lewe se spaargeld geneem het, en in die eetplek gaan belê het, hulle belê in ons land deur om vir mense ‘n werk te kan gee. So eetplek sorg nie net vir die eienaar nie, maar vir ieder en elkeen wat daar werk, hoe gering hulle loon ookal is, en dit sorg weer van daai werkers se gesinne.

Ongelukkig het so BOIKOT aksie ‘n rippel effek, en verloor ieder en elk van ons iets in ‘n mate. Ja, daar word standpunt ingeneem, maar is die prys nie partykeer dalk net te hoog nie? So aksie is sekerlik nodig om mense se misnoë weer te gee, maar moet dit vir altyd wees – kon daar nie maar ‘n tydsduur daaraan gegee word nie? SPUR’S is leeg, danksy hulle PR-MANAGER se swak houding, jeens ‘n insident wat deur hulself tot ‘n kleurinsident ingekleur is.

Maar ek voel dat die mense van ons land ongelooflik venynig is, venynig en selfgesentreerd – ons almal skree graag me, myself and I.

My seun wat ewe vir my sê, “Ons was nog nooit weer in ‘n SPUR na daai rasse voorval nie.” Ek kyk na hom en ek sê, waarom help jy die werkloosheidsyfer aan in ons land, waarom kan Lainey hulle nie meer lekker speel, terwyl hulle gesiggies ingekleur word en daar balonne aan hulle uitgedeel word nie? Waarom, wat het daai twee “grootmense” se geveg met jou uit te waai? Onskuldige mense word gestraf omdat twee “grootmense” soos kinders aan die skree gegaan het en ‘n PR-MANAGER gedink hy doen sy Franchisors ‘n guns, deur aan die insident ‘n rassekonotasie te gee, en dan boonop Salomo te probeer speel, met erge gevolge vir ‘n klomp mense en hul gesinne.

Julle is dit aan ons land verskuldig om nie als en almal onder dieselfde kam te skeer nie – julle is netso skuldig soos ons regering aan werkloosheid, deur sulke aksies te ondersteun!!

Ekself doen nie meer SPUR nie, nie oor dit of dat nie, maar volgens my is dit die ideale eetplek vir mense met jongkinders en daarom verkies ek om nie te gaan nie – maar hierdie aksie lyk my gaan my dwing om nou weer by hulle te gaan eet – ongeag al die BOIKOTTE ens. Net omdat ek jammer voel vir elke duur perseel wat naweek in en naweek uit leegstaan, waarvoor daar nogsteeds betaal moet word, agv ons as Suid-Afrikaners se venynige houding teenoor mekaar.

Ek kan net nie anders as om die soort venyn te beskryf in die Engelse woord vindictive nie – en wens so dat ons kan besef met elke aksie is daar ‘n gevolg, en somtyds moet ons nie weier om die gevolge in die oog te kyk nie. GAAN SPUR sonder om skaam te wees – jy is beslis baie groter as jy nogsteeds jou stukkie steak by hulle gaan geniet, sonder om dit ‘n wit en swart aksie te maak, ongeag hul swak opgeleide PR-MANAGER se swak bestuur van hierdie nare insident!!!!

vin·dic·tive

vēnˈdiktive

adjective

adjective: vindictive

  1. having or showing a strong or unreasoning desire for revenge.

    “the criticism was both vindictive and personalized”

    synonyms: vengeful, revengeful, unforgiving, resentful, acrimonious, bitter;

    spiteful, mean, rancorous, venomous, malicious, malevolent, nasty, mean-spirited, cruel, unkind;

    informalcatty

    “in her memoirs she revealed that Drake had been a vindictive ex-lover”

    antonym:  forgiving

Advertisements