Hierdie afgelope week het ek paar goed raakgelees wat my getref het. Maar wat my die meeste getref het was ‘n paar  woorde. Ek kan nie onthou waar ek dit raakgelees het nie – maar ek het, en dit het so groot indruk op my kom maak.

Dit het ‘n beeld van God in my wakker gemaak wat ek weet ek nooit weer sal kan misken nie. Die woorde het God werklik mens vir my kom maak. Ek het dit al oor en oor oordink en die beeld in my Geestesoog gesien. Dan het ek vir God jammer gesê omdat ek al soveel kere geteem, gehuil, geskree en gesmeek, my God, my God waar is U met al hierdie havoc om my? Hoe laat U dit toe… 

en dan sing ek al smekend saggies: open the eyes of my heart Lord, I want to see you…

En toe kom openbaar Hy homself aan my in woorde, en skielik weet ek as ek weer oor Hom wonder sal ek hierdie woorde oproep en ek sal weet HY IS….

Advertisements