Ek is jammer – maar ek het die afgelope paar dae  agtergekom dat geen van my kommentare wys op sommige mense se blogs nie, in so mate dat daar ‘n klomp mense is wat dink ek het hulle “geblok” op my blog.

1. Ek is blonde en sal nie weet hoe nie.

2. Ek hou te veel van hierdie ruimte waar ek net ‘n naam is en niemand my in “persona” ken nie.

3. Ieder en elk van julle is soort van my sielkundige en om min of meer normaal te kan funksioneer moet ek elke nou en dan hier kan kom afpak ter wille van goeie geestesgesondheid,  en vir die “well being” van diegene wat “the real world” met my moet deel.

4. Ek sal so te sê altyd kommentaar op ‘n blog wat ek gelees het lewer… dan spin daar ‘n wieletjie en “boef, weg is my kommentaar.

5. Ek het nou al self begin dink dat sommige van julle verkies dat ek eerder net lees en nie kommentaar lewer nie? 

So asb as iemand my kan help met my dilemma, behalwe om te sê ek moet uitlog, want dit kan ek nie doen nie, omdat ek nie ‘n benul het wat my “password” is nie, sal dit my baie help…

IF YOU DON’T MIND…

Advertisements