Ek sê jou ek sal moet vas – as ek nie vas nie gaan ek in ‘n diep donkergat val van mismoedigheid. Ek wens net ek het genoeg wilskrag om verby als te kyk.

Hartlam, ek sê jou ek moet net vas, al is dit net ‘n week lank – want as ek nou nog eenkeer moet lees van plekke wat brand, wit “genocide”, vrouens wat deur hul mans,
wat veronderstel was om hulle te beskerm, vermoor is, dogtertjies wat nog kinders
is,
en op strepe swanger raak, mag ek dalk net die vlaktes inhardloop.

Ek wil vas van die wereld – hoe gaan ek begin om dit reg te kry om uit hierdie waansin om my los te breek? In die aande sê ek vir my man, as ek OPENBARING lees dan is dit asof ons dit huidiglik lewe, die wereld is woes om ons, ek wil vas. 
Hierdie tasbare rassehaat wat ek ervaar as ek selfs net ‘n plek soos die plaaslike
Pick and Pay besoek, verg alle wilskrag binne my om nie aan die gil te gaan, en vir die kassiere te vertel dat ek verstaan elke woord wat sy nou staan en kwytraak teenoor die pakker tov my ‘n “ryk” ou witvrou – net omdat ek my trollie stuk vir stuk uitpak,
en heeltyd kyk wat ek betaal, omdat
Pick and Pay se sg specials baiekeer net ‘n winskopie op die rak is, maar nie as hulle dit oplui nie. Ek is een van “daai” mense wat my pryse ken, en as die rak sê dit is wat ek betaal, sal ek dit by die kasregister
ook betaal!!! Nou staan hierdie swartvrou en spoel haar mond uit teenoor ‘n ander, net omdat sy so arrogant is om te dink ek verstaan haar nie.
Oeps ja, 1ste fout, “on the shelf the price is 2 for R30-00, not R20-something for each?? You see why I want to check while you ring up my purchase? I don’t understand why you are so rude, you are suppose to be happy you have a job, you work with
all kinds of people, but still you discuss them in a racial manner with your friends? This is no good!”
En DADELIK is die atmosfeer tussen myself en haar so dik, jy kan dit met ‘n stomp bottermes sny. En al waaraan ek dink is, is ek wil vas, vas uit hierdie oomblik waarin ek myself huidiglik bevind.

Ek wil vas van witmens wees in ‘n land wat so mooi is, maar wat so sleg is vir “haar” mense. 

En dan, dan kry ek die volgende…. ek lag, en ek lag, en lag en ek dink “funny world, we live in”… vars gespykerde voorkoms… neh… ek wil nie rerig vas nie… dit is maar hoe die wereld rol…

Advertisements