Ek het vanoggend, toevallig, die volgende min of meer gehoor – dit is net te mooi gesê om dit nie te deel nie. In my eie woorde is dit as volg:-

Ieder en elk van ons het ons eie geraamtes wat ons wegsteek, sommige sin is dalk groter as ‘n ander een sin. Maar waar ek staan is ‘n geraamte, ‘n geraamte, ongeag die grootte – maar daai geraamtes wat ons kan wegsteek is mos weggesteek? so what…  Juis daaroor is ons soms so verskriklik ongenaakbaar met diegene wie se geraamtes wel buite kan rondloop, bv, verslawing, tiener swangerskappe, buite egtelike kinders ens.

Wees sag met die mense om jou wie se geraamtes saam met hulle kan rondloop, en onthou in stilte en dankbaarheid joune is weggesteek, maar dit is en bly ‘n nare ou geraamte, waarvan ons vrygemaak is deur kosbare bloed.
SAAM MET BG DEEL EK GRAAG DIE VOLGENDE LIED SE WOORDE, EN SLUIT DUS HIERMEE VANDAG MY BLOG AF!

DIE SONDIGE VROU

(Liriek & musiek: M Grove-Rossouw – 2003)

 

Die fariseers beroem hulle op Moses se wet

En leer al die mense om streng daarop te let

‘n Vrou word betrap waar sy owerspel pleeg

“Die kwaad moet ons uitroei” – heimlik was hul verheug!

Hulle bring haar toe na Jesus om Hom te versoek

“Egbrekers moet sterf volgens Moses se boek!

Maar U, wat sê U, moet ons doen met die vrou

U breek mos die Sabbat, as ons die wette hou.

 

Nou wag hul dat Jesus ‘n vonnis moet fel

“Laat die wat onskuldig is, die eerste klip optel

Bestraf deur gewetes, sluit almal verby

Net sy het bly staan en vergifnis verkry.

OU Simon nooi Jesus want hy was mos ryk

Die nuus op die markplein het haar ook bereik

Met kosbare nardus gaan sy ook daarheen

Want Hy’t aan ‘n sondaar vergifnis verleen.

 

Verergd was ou Simon toe Sy aan Jesus raak

Hy ken mos die vrou, wat wil sy daar kom maak?

“Simon, sê Jesus, Ek wil jou iets sê:

Die vrou is vergewe, daarom kan sy liefhê.

Is jy ook vergewe, is jou hart ook skoon?

Verwag jy die hemel, ‘n bloedgewaste se loon?

Maak gou as jy twyfel, – Sy koms is naby

Want kanse gaan elke dag by jou verby!

 

 

 

 

 

Advertisements