BEN is 9 jaar, hy is my “ou seuntjie” – hy is ‘n regte egte blonde, nes ek, en hy is rerig baie skaam, nie soos ek nie. Bella het BEN forseer om vir homself ook aan te dring op ‘n plekkie op iemand se skoot. EN TOE…

TOE sê “my veearst” sy het ‘n opknappingkursus in sonars en sy besluit sy doen haar prakties op BEN. So doen sy toe die sonar Sondag op BEN en kom terug met die slegte nuus, BEN is eintlik baie siek, hy het ‘n groot tumor aan sy blaaswand wat tot teen sy aorta druk. Sy gaan moet opereer. My kop gaan terug na jare gelede toe ek ook ‘n Scottie gehad het wat deur grusame kanker behandeling was, chemo en bestraling in die mens hospitaal, en op die einde in elk geval die stryd verloor het na erge trauma vir my en my geliefde troeteldier, Zoë. (wat vir my soos ‘n kind was)

Nou ja, gister het sy toe oopgemaak en gesien dat die tumor kwaadaardig is en het sy net ‘n golfbal grootte tumor uitgehaal teen die blaaswand en die res gelos, aangesien die res net te naby aan sy aorta is. Sy pankreas lyk sleg, hy het ‘n galsteen wat sy ook nie wil uithaal nie.

Ja, daar is diegene wat sal sê, sit uit, sit uit. Ek kan nie, ek en my diere leef in perfekte simbiose met mekaar, en hulle is baie goed vir my – BEN sal self wys as hy gereed is om te gaan.

So kom BEN gisteraand saam met haar huistoe, nou is BEN my verantwoordelikheid vir die nag, kateter en al – my BEN, jy het dan nie eens siek gelyk nie behalwe vir die bloed in jou urine wat ek Sondag vir die eerste keer opgemerk het – en ek huil diep binne myself, stoksiel self, vir my troeteldier, my seuntjie, jy kan mos nie so siek wees nie??? Wel ‘n mens pasient en ‘n honde pasient is baie verskillend, diere is resillient – BEN wil op, kateter en al… en ek weet dit gaan ‘n laaaaannnnggggg nag wees.

In die kamer gekom wonder ek oor die slaapplek – Wel BEN moet naby my wees,  ek moet voel as BEN wil opstaan deur die nag. Ek skuif die riempiesbank teen my bed en sit hulle hondebeddens bo-op. Nou is dit amper soos ‘n “cot”. Maar nou wonder ek, hoe gemaak as ek nie agterkom BEN wil op nie…. wel hy is in ‘n “cot” – maar BEN is ‘n hond en doen honde-dinge deur die nag, soos om na sy waterbak te loop as hy dors is, en honde gee nie om hoe siek hulle is nie, as hulle wil, dan sal hulle.
BRAINWAVE ek gaan sy halsband om hom sit en dan sal ek die halsband vasmaak, dan kan hy nie beweeg nie…uh, uh dit voel nie reg nie… dink Elanè, dink. Ek besluit toe wel BEN is teen my kant van die bed, ek gaan hom met die halsband aan my arm vasmaak, dus as hy deur die nag beweeg sal ek dadelik weet,  want hy gaan aan my trek en so slaap ek, BEN, BELLA en Leah die kat aan die eenkant van die bed, my kant,  al drie diere op die riempies bank, met BEN aan my vasgemaak – regdeur die nag, sonder ‘n piep…

Wel hopelik is die kateter teen Woensdag uit, BEN is vanoggend weer praktyk toe waar “my Veaarts” dagskof na hom sal kyk – vanaand is dit my beurt. BEN moet oa chemo kry, waarteen ek dadelik besluit het agv die lewenskwaliteit wat dit wegvat – “my veearts” het besluit, wat ook my Bokkie is, wat ook my dogter is, dat ons dan alternatief gaan, ons gaan medisinale dagga-olie gebruik teen ‘n allemintige R2500-00 vir ‘n spuitvol, waarvan ons net ‘n druppel in die aande aan hom gaan gee. Sy sê, hopelik vertraag dit sy agteruitgang, en word hy nog so rukkie vir my gespaar – BEN het dan nog soveel ZEST vir die lewe – Here en ek, U kind sien nie nou-al kans om te laat gaan nie, asb VADER hierdie was ‘n rowwe jaar tot dusver, en ek wil asb nie nog eenkeer die jaar met die dood gekonfronteer word nie – veral NIE my seuntjie, BEN nie – hy is dan deel van my “onvoorwaardelike liefhê goed” in hierdie wereld… waar ek deesdae glad nie tuisvoel nie….

Advertisements