Sy sê… sy sal net gou… indien haar intuïsie dalk “weer” reg is…

…. deur die huis hardloop om te kyk of als in plek is voor hy daar stop…

… die warm goed wat soos sakke hang, maar tog broodnodige hitte gee, van haar lyf afstroop net vir in geval hy nog “so” sien…

… haar hare mooimaak, dalk sien hy dit tog weer soos lank terug raak….

… die donkerkringe om haar oë toesmeer, miskien lyk sy minder afgerem agv ‘n siekgevoel, wat net nie pad wil vat…

… ‘n stukkie lekkerruik spuit van toentertyd, dalk onthou hy nog die reuk van lang warm intimiteit, sonder enige voorbehoud… want dit is mos “sy vir altyd plek”…

Sy sal als… want dalk voel hy weer die gisters wat verby is, en sien hy al die sakke sout wat reeds leeg daar eenkant staan, as bewys van ‘n lewe saam… 

ongeag die lewe wat dit self op mens afforseer…

…en besluit dan tog maar om die “regte keuse” te maak… 

as hy dalk die slag eerder anders sou wou kies… omdat “iemand” anders saggies fluisterend sê, ek is nog altyd eintlik “die een” vir jou…

Advertisements