Partykeer bevind jy jouself midde in ‘n groep mense waar jy eintlik wil sê, “ek pas nie in nie, want ek is nie so nie.” Dan besluit jy maar om stil te bly en te “komformeer” om wel in te pas vir ‘n paar oomblikke?

Ek weet nie of dit die tye waarin in ons leef is nie, en of dit sommer net ekself is nie. Maar ek kom agter dat ek al hoe minder inpas… ek het ‘n soeke binne my na die meer geestelike aspekte binne myself. ‘n Hongerte na dit wat ons nie sien nie maar waarin ons wel glo, maw geloof. Ek besef al hoe meer dat ons rerig net “alien’s” hier is en dat ons opdrag is om te skyn in ons vreemdheid. 

Nie die kru manier van vreemd waar ons skree vir aandag en erkenning nie,  maar daai vreemdheid, waarin mense na ons kyk en wonder wat is dit wat ons het? …. Hulle soek ook “dit”. En dan kan die “alien” begin vertel van dit binne in ons… ek glo ons opdrag van dag een af is, laat jul lig skyn – en om daai lig te laat skyn het ons dit ongelukkig nodig om tussen diegene in te beweeg, juis daar waar ons voel ons hoort nie.

Wat sou ‘n lig gehelp het wat moes gaan skyn het tussen presies dieselfde lig as jou eie?  Al wat sou gebeur het is dat elkeen  van ons vir onsself sou gaan skyn het,  en sodan ons doel sou mis.

Dus, besef ek dit is dit goed volgens my beskeie mening om op ‘n plek te wees waar jy vir jouself kan sê “ek is nie so nie, ek pas nie in nie”… juis net om ‘n honger na  jou lig te kan aangee aan iemand wat nie daai “lig” ken nie. MAW ons “komformeer” nie in daai oomblik om in te pas nie, ons skyn net helderder midde in daai plek waar ons voel ons hoort nie, want ons is rerig nie van hierdie wereld maar wel daarin, en daarom moet ons skyn soos die helder môrester…. 

Sonder dat mense jou as hoogheilig ervaar en dan hulself eerder uit die voete maak. Mense moet voel hulle identifiseer met die Gees binne jou, deur die honger van die Gees binne in hulself.

Advertisements