Vroegoggend kry ek ‘n boodskap van die ouman wat op “siekverlof”  is. Wat as volg lyk…

Bella het hierdie “ding” in die hande gekry, dit lyk nou so… en toe die volgende bs… ook jou kameel wat jy van Charmaine uit Qatar gekry het…

Goeie hemel, waar was jy??? Hoekom doen sy nooit sulke goed as ek by die huis is nie? Ek is nou bemoerd!

Ek was by die voëls – Grace, het vloere gewas.

Man, elke keer as sy daar is, is daar skade en die skade word dan net mooi netjies op die eetkamertafel uitgestal. Ek dink jy het skaak gespeel…. ek is nou moeg hiervoor. Dit is van my kosbare “kaggelkakkies” die “ding” het die kinders vir my toentertyd terug as ‘n moedersdag geskenk gegee. Dit is ‘n “Kalahari”…. gewees. Ek is nou kwaad vir jou en Grace, sulke goed gebeur onder julle oë.

Hoe lyk dit? Ek het die “Kalahari” ding, so bietjie gepatch, net sodat ek en Grace dit nie kry nie.

Gmf… ek is die hel in!

Ek het die kameel ook vir jou gelap, as dit jou beter sal laat voel.

Man, niks sal my laat beter voel nie, julle kyk nie na Bella nie, ek is siek en sat om elke nou en dan skade te moet kry omdat julle nie na haar kyk nie…. en ek is boonop siek!!!

En so lyk die skuldige party wat hierop Hemelvaartdag, my bloeddruk kom opstoot….

Auwh… is sy nie die dierbaarste ding ooit nie? Ek wens net die “mense” wil na haar omsien as sy onder hulle toesig is.  😏 Dit gebeur nooit as ek by die huis is nie!

Advertisements