Na verskeie pogings en ‘n hoop geskryf in die virtual asblik… besef ek, ek is nie lus om my stand van sake hier te kom plak nie. 

Daarom lees, en geniet ek, en huil selfs oor LEKKERVURIG se honde van wie sy afskeid moet neem. Ek lees poësie, ek sien mooi slurpe, ek is op die landbouskou, ek hoor ‘n ma se verlange en voel saam haar, ek loop rond in die natuur, ek herstel saam met Lewies, na sy prostaatoperasie… dit en nog vele meer in ‘n kwessie van minute… en toe…

toe kyk ek op van die skerm voor my en die foto hieronder is waarin ek vaskyk… en met ‘n rustigheid in my besef ek dat die Here, dankie tog, in beheer van die ure van ons elkeen se dag is, en as ons tyd neem sal ons altyd in die mooi wat Hy vir ons as sondaars inhou vaskyk, onvoorwaardelik en altyd op tyd… sonder dat dit ons ‘n enkele iets kos.

Ignoreer tog maar die lelike skottel… 

Advertisements