Elaine: Op 16 Mei het tannie Melissa verjaar, my ouma het namens my en haarself ‘n geskenkies vir tannie Melissa gaan koop. Tannie Melissa is pappa se vriendin en sy is lief vir my….

Elanè: Op 16 Mei het ek gaan koek koop sodat ons saam met Elaine vir Melissa geluk met haar verjaarsdag kan sing… sy gaan net gou hier stop. Melissa is goed vir my seun, maar my seun se ma het maar gesukkel om weer ‘n  vrou te vertrou….

En toe op 16 Mei ruk Elaine haar skooltas oop en sê,  tannie Lissa, ek het ietsie vir jou… ietsie vir moedersdag wat ek vergeet het om te gee. En dadelik is my nuuskierigheid geprikkel, hoe dan nou, ek is mos naaste aan ma-wees vir jou…. ‘n sertifikaat vir beste ma, met allerhande dankie oulike sê-goed daarop in jou eie handskrif.

Die groenoog monster knip vir my – ek sukkel in die oggend douvoordag om jou en jou pa wakker te kry in die koue, ek is julle snooze button in en uit die koue, ek maak toebies vroegoggend, ek maak dat jy mooi lyk vir skool, ek was jou skoolklere en al julle wasgoed sodat dit lekker ruik met “comfort”, ek maak elke weeksaand kos vir julle, ek troos as jy seer is omdat maaitjies lelik is met jou, ek klee jou met die mooiste klere wat ek vir jou koop, ek vertel jou van Jesus, ek worship saam met jou vroegoggend as ons na Radio Kansel luister voor skool, ek, ek, ek …. moet die sertifikaat kry.

Waarom wys ek nerens in jou lewe nie – waarom voel dit asof ek nie waardetoevoeging daartoe gebied het nie, waarom, waarom, waarom? Waarom sien ek my nie in jou stories wat jy by die skool in jou skrifte teken of vertel nie – weet jy hoe lief is ek vir jou?

In sagtheid kom die Gees na my en vertel my,  rustig wees, EK weet, en EK het die heelal in MY hand, en jy doen dit vir MY nie vir jouself of vir Elaine nie, maar vir MY en EK is in beheer van Elaine se hartjie, sy weet wie en wat jy in haar lewe is, want EK sit dit daagliks in haar hart – EK het vir Elaine die vryheid van keuse gegee om haar eie ma te kies, want jy is OUMA, en dit is wat EK wil hê jy moet wees, OUMA’s is lekker goed, OUMA’s is sagte plekke vir seerkry klein”dogtertjies”, OUMA’s se kleur is nie groen nie, al is groen hul gunsteling kleur… EK wil hê Elaine moet ‘n ouma soos jy hê, en daarom kry Melissa die ma-sertifikaat!!!

 

Advertisements