Gistermiddag toe ek by die huis kom nadat ek my dag opgebreek het tussen hospitaalgange en my kantoor is ek rerig kapoet, en wil net gou asemskep voor ek teruggaan hospitaal toe. (terloops my man se goed het wel afgeloop, klein leefstyl veranderinge, aangepaste medikasie, bietjie monitering ens maar hy is darem nie op sterwe nie) Maar terug by die huis kom Gracie op my afgeloop.

Jy weet daarby jou dogter se huis, hy het die briefie vir my geskryf by die spieël. Nou hoe so Grace? Ek is seker my dogter weet Gracie kan glad nie lees nie – haar kommunikasie is ook redelik beperk en ek praat boekstukke in gebaretaal met haar. Maar hy weet nie ek kan hom nie sien nie – ek sien net my naam staan daarby sy spieël. As ek die êrtime by my fone gehad het, ek sou hom gebel het. Maar die social worker se mense, hulle eet al my geld, ek sukkel met hulle met Mapule se goed van die kind wat ek nou moet oppas. Hulle stuur my op en af en op en af, en hulle weet nie die taxi hy kos geld nie. Daarom ek kon nie jou kind bel nie.

Nou staan en wonder ek waarvan praat my Gracie nou, hoe los my dogter notas in haar plek vir die arme Gracie? Bok, wat het jy vir Gracie teen jou spieël geskryf? Jy weet mos sy kan nie lees nie??? Waarvan praat ma ek het nie briefies vir haar geskryf?

Jy het, ek sien my naam hy is by jou spieël, maar die ander goed ek kan hom nie sien nie, jy het!

Bok begin lag, en sê Gracie dit is myne, maar jy kan hom ook kry en sy sê vir my, ma ek het die volgende skrif op my spieël geskryf vir myself, en al wat Gracie gesien het was die woord GRACE en daarom het sy besluit dit moet vir haar wees… 

En daar probeer my dogter in gebaretaal aan Gracie te verduidelik van God se genade wat meer as genoeg is, ek weet glad nie of sy enigsins sukses daarmee gehad het nie – maar al drie van ons het lekker gestaan en lag.

 

Advertisements