Stephan Joubert se woorde in: Goeie Nuus in Beeld: Charles Spurgeon, die beroemde 19de eeuse Engelse prediker, het ‘n gewoonte gehad wat party godsdienstige mense geïrriteer het. Hy het sigare gerook. Een keer het die ewe beroemde Amerikaaanse prediker Dwight L. Moody hom kom besoek. Toe Spurgeon met ‘n sigaar ingestap kom, was Moody geskok. “Dr Spurgeon, “you are a Christian and you smoke,” het hy gereageer. Spurgeon was nie op sy mond geval nie en het dadelik geantwoord: “Mr Moody, you are a Christian and you are fat!” Ons sien makliker ander mense se gebreke raak as ons eie. Ander se sondes is boonop elke keer morele gebreke en karakterfoute. Ons eie? Wel, hulle is maar net “gewone” foute. Mense verstaan ons maar net verkeerd. Dit is hoekom Jesus gesê het ons moet eers die houtstomp uit ons eie oog haal voordat ons ander mense se foute uitsnuffel. Ja, ons mag en moet mekaar vermaan as ons afwyk van die Here se pad. Maar ons mag nooit ophou bid dat die Here ons blindekolle sal uitwys vir onsself nie.

Bg laat my aan my kosbare niggie Madelain, se woorde aan my, rondom my eie ma se verslawing dink. Ek het baiekeer op haar skouer gehuil en verwyt dat so formidabele vrou soos my ma so vasgevang kan wees in iets so eenvoudig soos alkohol verslawing! Dit is vreeslik vir my dat ander mense haar somtyds in die toestand moet sien, het ek by haar gehuil. En toe kom sy met die volgende woorde: “Weet jy Lana’tjie, dit is vreeslik, maar wat erger is, is dat haar “sg sonde” so opsigtelik is. Daar is soveel mense om ons met allerhande vieslike sondes, losbandigheid, ontrouheid, dobbelverslawing, pilverslawing, aan hoogmoed ly… net om maar ‘n paar op te noem, maar omdat dit nie opsigtelik is soos jou liewe mammie sin nie, is dit okay?

Ek vertel jou vandag daar is baie siek mense om ons, en jy sal na hulle kyk en nie vir een oomblik dink dat hulle ook, nes jou mamma iets het wat nie die norm is nie, want waarom? Hulle sin wys nie. Wees jy net lief vir haar en hou op om te worry oor wat die spul hypocrates om jou dink.

Mense in glashuise…


Advertisements