Vanoggend, baie vroeg oppad werk toe is ek haastig en besluit om  “iemand” wel ‘n kansie te gee om voor my in te kom (tot my bittere spyt) want ek is haastig en ek is laat, want die man is mos afgeboek oor sy hart wat pla, en dus rem hy my met die allervreeslikste afskeid wat hy van my wil neem, voor ek oppad werk toe is!

Die pad vurk vorentoe, en wat besluit die dame, wie ek agtertoe ‘n kans gegee het toe niemand wou nie,  haar karretjie sal nie verby ‘n ander kan kom nie en dus keer sy my nou ook om in die vurk in te gaan om op die ou JHB pad te kan indraai, verwoes lê ek op my toeter en wys vir haar ek sal met my groot bokwa verby kan kom, sy kan ry – maar obviously kan sy nie skat nie, en is so steeks soos ‘n donkie, nogal voor my, wat haastig is!!! Ek toet en skud my kop soos een gekke mens. Net om te repent die oomblik wat ek op die ou JHB pad kom, en lw, voor haar is.

Ag Here ek is ‘n patetiese Christen – ek lyk nie eens soos een nie, daar is geen salf aan my te smere nie. Waar is die vrugte van die Gees met hierdie patetiese mens voor U. En satan applous my pity party.

So deur die werk sit en dink ek dat ek die situasie heeltemal anders kon hanteer en ek is nogsteeds vies vir myself en skielik in my  e-posse kom Woord vir Vandag van Radio Kansel, en nes nou die aand met Lainey se verjaarsdag en my ongasvryheid, kom die Here, en in humor kom wys Hy my Sy antwoord op my gewroegery vanmore, omdat ek voel ek kan nie Sy kind  wees nie, en Hy vou my saggies toe met die volgende woorde:-

Reimar Schultze sê: ‘God meet ons nie aan ons optrede nie, maar aan ons liefde vir Jesus. In die Koninkryk van God is ons liefde vir Jesus ons prestasie. Alles anders is sekondêr daar toe. Ons Meester begeer dat ons by Hom, in Hom, in gemeenskap met Hom wil wees en Hom gelukkig wil maak.’ Bêre dus jou maatstok en wees bly dat God jou nie aan jou optrede meet nie, maar aan Christus se optrede.

Dink julle nie ons aanbid ‘n asemrowende God nie? Hy maak tyd vir ons, soms wanneer ons weet ons verdien niks, het Hy bemoeienis met ons, nes met Lainey se verjaarsdag kom bemoei Hy homself weereens met my, wat hier sit en myself pakslae gee, en deur die woorde uit Woord vir Vandag kom maak Hy my vry van my sondige natuur! En ek weet om te strewe om ‘n beter mens te wees is vir myself en nie vir God nie, want Sy liefde vir my kan ek toe nooit verdien deur oulik te wees nie, dus kan ek maar net streef en weet as ek droogmaak… God is nogsteeds God en Hy bemoei Homself op ‘n daaglikse basis met ons as sondige mense, wat niks verdien nie!

Advertisements