Na gister se “happie bifday/wasmasjienpyp/pa is innie hospitaal” het ek en die man maar grom-grom bed toe gegaan, omdat hy so oorvriendelik met Bella die Brak is, dit terwyl ek probeer Bybel lees. Hy het hom totaal en al gewip vir my en sy yskoue rug na my gedraai.

Deur die nag het hy ‘n paar keer wakker geword en gekrul van die pyn. Moet ek die dr bel, moet ek jou hospitaal toe vat, moet ek, moet ek? Nee, los dit net ek dink ek het ‘n breuk of ‘n ding. Dit is glad nie ‘n breuk nie, dit is jou hart, ek sê jou dit is jou hart. Hy het 6jr gelede ‘n Angiogram gehad en kort daarna ‘n massiewe hartaanval en 3 stents verder is hy darem min of meer okay vir 6 jaar gewees. Ek het opgemerk sy lippe raak blou en hy het begin kla dat hy ligte krampe kry. 6 Jaar gelede het dit gevoel of my wereld inmekaar tuimel om my, met die hartaanval. Die spreekwoordelike mat wat uitgeruk word. Maar dit is ‘n ander dag se storie. Nou praat ek eers net in die hede.

Hierby 4 uur vanoggend sê ek vir hom, jy luister nou vir my, jy gaan nie vandag werk nie – ek gaan jou Kardioloog bel sodra ek by die werk is en reelings tref dat jy hom nog vandag gaan sien.

So gesê, so gedaan. 9:15 moet hy daar wees. Hy bel my teen 11:00 en my eerste vraag is, gaan jy nog lewe??? Ja, dr sê ek mag niks stress nie en ek moet Dinsdag weer gaan vir ‘n Angiogram, yskoue oorval my, ek begin hoes en dadelik is ek terug by sy vorige Angiogram, ‘n algemene ondersoek wat erg skeefgeloop het. Nee asb nie, sê ek vir hom, asb nie.

Ek glip weg by die werk en gaan drink gou koffie saam met hom om gou die nodige dokumentasie vir goedkeuring by hom te kry, sodat ek dit sommer by die werk kan instuur na ons fonds. Ek is bang vir die noodsaaklike ondersoek, sê ek vir hom, ek is banger as jy lyk dit my. Hy sê hy is nie bang nie , maar sal net die dr herinner dat hy ‘n erge hartaanval na die laaste een gehad het en hy moet wakker wees. Jong, jy weet ek is nie lus vir alleen wees nie.

Met die kom die Wimpy kelnerin en vra wat wil ek drink, ek sê sommer koffie sal reg wees. Sy staan so rukkie en vra my die volgende, Mam, may I ask you something? Agh tog…. dink ek, wat nou… Yes, what do you want to know? Do you know Nicole Fox? Uhm, I’m not really good with names but if you show me her face, maybe then I will recognize her, why?  Well you look like her, like if you are sisters. Mmm, I hope she is pretty, but who is she? She is very pretty, you don’t know her? She is a DJ on FM what, what… En dit is net hier waar sy my verloor, en my man ook sy sê wil inkry. Yes, you know many people ask me if she is a movie star? Ja well, it’s because of my common face, that is the only reason. No mam, you are really pretty! Thank you, I will google her face and see if I’m as pretty as she is, thank you.

My ouman giggel en sê, Lovie, jy is rerig mooi, vir my ook en vir ‘n wyle vergeet ek van nog ‘n Angiogram, ‘n siek pa in die hospitaal wat die vorige dag so deurmekaar soos “kots” in ‘n tuimeldroeër was terwyl hy ‘n 1/2 avokadopeer met ‘n paperclip probeer eet, en dink ek aan die gesegde van:

BEAUTY IS IN THE EYES OF THE BEHOLDER…

En boeta, as hierdie lewe gebeur, gebeur dit somtyds teen die spoed van lig en is dit net genade van ons ewige Vader, dat als nie uitmekaar tuimel nie…  en somtyds ietsie mooi vanuit ‘n Wimpy kelnerin se mond 🤔😏😊

Advertisements