Flippen helle (sorry vir diegene met ‘n sensitiewe oor)

Maar ek is rerig gat oor kop met als wat om my gebeur.

Lainey verjaar mos vandag, en vroeg vanoggend is die pa van haar se woorde as volg. Gaan ma vir Lainey kry? Ja ek of jou pa sal, waarom? Ek kom ook vroegerig want ek het 21:00 klas dan kuier ons saam. Regso, maw net ons? Jip net ons.

Wel 17:00 bars my wasmasjien se pyp, my hele opwaskamer en kombuis is onder water. Ek gaan rustig bly, Lainey verjaar. Met die kom sy en haar oupa hieraan. Wat sê die ouman, hierdie huis is vervloek? Nee man, jou hol, mense het kanker, ander staan by oop grafte, dit is ‘n wasmasjienpyp en Lainey verjaar, hou op!

Mop in die hand het ek skielik gaste, die vrou in Lainey se pa se lewe en haar dogtertjie, vervies ek my nie, wat die hel nou? Stem binne my, Lainey verjaar.

Ek mor en por by die ouman, ek is keelvol hiervoor, ek het niks beplan nie, ek is nie nou lus hiervoor nie. Stem binne my, Lainey verjaar.

Pasta sal dit dan wees. Met nat vloere om my en ‘n man wat mor oor die wasmasjienpyp.

Tannie ek eet nie hier nie, ek het net vir pop kom hallo sê. Nee, jy is meer as welkom, hier is genoeg kos. Met haar dogtertjie by haar voete wat bloumoord oor als gil en my seun wat net met die arme kind raas – en ek wat calming signals vir die vale gooi, los haar, dit is okay, los haar, ek is rustig. Met ‘n stem binne my wat sê, Lainey verjaar. 

So doen ons die “verjaarsdag ding” sonder die tannie want sy het rerig net vir pop geluk kom wens. Lainey lees uit haar Bybeldagboek wat sy by die tannie gekry het vir haar verjaarsdag…. hoor my lied, raai waaroor… oor gasvryheid,  en as mense onverwags opdaag, wees vriendelik en en en…. Here? Rerig? GASVRYHEID? RERIG? 

Ek voel soos ‘n fool, ek wat vergeet dat gasvryheid ‘n Bybelse opdrag is en dat ek tans sover moontlik enige tipe gasvryheid ten alle koste vermy en hier kom vat die Here my op 9 Mei 2017 op my pieringoog se verjaarsdag aan,  oor my ongasvrye streep vd laaste pr jr of so… en ek weet daar is nou met my gepraat, ongeag.

En toe “die oproep”, Lana pa is in die hospitaal, oom Koos het gebel en gesê pa lyk nie lekker nie, ek het gaan kyk en pa is so deurmekaar hy weet nie wie, wat of waar hy is nie, ek het hom hospitaal toe gevat en hy is opgeneem. Kan ek met hom praat? Hy is deurmekaar. Praat eerder more… Here ek vra nou asb, selfsugtig, hou pa veilig,  ek het rerig nie nou die krag om hom te verloor nie… hierdie jr is rerig woes! En die stem binne my sê, LAINEY VERJAAR… en ek is eintlik nie gereed om wees te wees nie, want as pa nie meer is nie, is ek wees, sonder “my” aardse ouers…. 😢😢 ongeag….

Advertisements