Ek gaan nie delf waar dit nie pla nie. Vandag is jy’n volle 9jr en saam met jou gaan ek tog bly wees.

Dit is vroegoggend “happie bifday toe joe, happie bifday deer Lainey

Niks se gewroegery nie, net lekker verjaar is wat jy vandag kry my dierbare, dierbare pieringoog.

Jy het hopeloos te gou groot geword – ek kan my oë nie glo toe ek sien jy is al 9 nie. Jou oupa sê jy maak hom so gelukkig, jy is so oulike dogtertjie. Ek is bang, want ek weet als verander so gou, gaan jy ons nog “laaik” oor ‘n jaar of 4, wel ons sal jou vir altyd “laaik”.

Dankie vir die waardetoevoeging wat jy tot my lewe kom bied het. Dankie dat jy my vergifnis in praktyk kom wys het – dit is iets waarmee ek maar gesukkel het tot ek jou “eye to eye” ontmoet het, want skielik was daar soveel goed waarvoor ek myself moes vergewe het rondom die afkondiging van jou koms na hierdie wereld, wat maar op die beste van tye ‘n wrede plek is. Jy het my geleer van aanbeweeg en nie vasval in die “wat as” van die lewe nie. Wat as, maak nie saak nie, want wat as, is op die einde net dit wat dit is, AS… en ons almal weet tog AS is verbrande hout!

Happy birthday, my skat wat jouself so graag Jesus se blom noem… jy is voorwaar een van die mooiste moois wat ek van myself aan hierdie wereld gaan nalaat, jy, jou piering-ogies wat my hart roer waar niks of niemand dit ooit kon regkry nie. 

Dankie vir die strikkies wat jy my lewe indra, in forseer….want jy laat my lag en jy laat my elke dag besef elke oomblik is kosbaar verby!!!

Advertisements