Na aanleiding van ‘n ou oompie wat sy liefde van toentertyd toe waaragtig na 50 jaar getrou het. Sonder dat hy in sy getroude lewe met sy eerste vrou na haar gehunker en gehyg en oor haar gewonder het – die noodlot het verhoed dat hulle tot trou kom in hul jongdae. Maar ware liefde laat hom nie voorskryf nie, dit laat hom nie manipuleer nie, maak nie ‘n ander seer nie, die liefde is geduldig en as dit moet sal dit op die REGTE TYD gebeur…

Maar wat ek die heel meeste van die oompie se verhaal waardeer is sy definisies van liefde!!!

Koos Strauss se definisies van liefde:

Plêstiek-liefde: “Dis soos ’n meisietjie wat ’n nuwe pop kry. Vir ’n paar dae is dit die béste pop ooit. Maar dan raak die pop gou vergete.”

Hoenderhaan-liefde: “Dis soos ’n hoenderhaan wat kôkôkôk skree, op ’n hen klim, afklim, zip optrek en dan is hy vort.”

Dink-liefde: “Dis ’n liefde in die kop. Jy dínk jy’s lief vir die vrou, maar jy kom nooit so ver as trou nie.”

Haat-liefde: “Dis wanneer ’n man nie duld dat sy nooi eers met ’n ander man praat nie. Dis nie liefde nie. Dis jaloesie en dit maak ’n vrou dood.”

Advertisements