Ek en die man is oppad van middagete huistoe, ons ry met MY KAR, lekker. Met my musiek wat speel en hy mag niks knoppies draai nie.

In die ry kom ‘n lied op van Delirious – I could sing of Your love forever.

https://youtu.be/HvZ2T8sGro4

Ons is die laaste paar jaar aan baie mense wat gegroet het se begrafnisse blootgestel, en noodgedwonge begin mens aan jou eie verganklikheid dink.

Ek  vir my man, jy kan maar hierdie liedjie op my begrafnis speel – so terwyl al die mense instap. Dit is sooo mooi en ek sing kliphard saam. 

Wat sal die man sê? Agge nee man lovie, ek wil nie nou-al  na jou begrafnis liedjies luister nie! 

Dit is mooi, ek wil mooi musiek op my begrafnis hê, asb net nie daai fotos wat hulle so deur die “wag” op ‘n screen wys nie, ek soek nie dit nie, dit maak dat almal wil pee, ek soek nie dit nie. Dit laat net almal skuldig voel. Ek sal vir jou my mooiste geestelike liedere neerskryf en dit dan in my Bybel bêre… dan maak ek dit sommer maklik vir jou.

Skielik sê die man weer, hoe maak hulle nou by ons kerk met begrafnisse? Seker maar soos in alle kerke, die woorde van die liedere word mos gewys dan sing almal saam, myne kan julle maar net speel, die mense hoef nie te sing nie. Net nie die foto ding nie asb…

Nee, ek gaan orals fotos van jou sit, fotos met harte en woorde, oral net fotos van jou gesig. Met woorde wat allerhande goed  soos, my one and only love, see you soon in heaven…. ens. Man, die mense gaan dink jy is gek. Kyk net in my Bybel… see you soon in heaven,  gmf. Jy gaan kyk wie is “my volgende vrou”, jy kan maar, maar weet net sy gaan nie beter wees as ek nie,  en maak net doodseker dat dit my is wat jy in heaven gaan sien,  en nie haar nie, ek was eerste en beslis die langste jou vrou! Kyk in my Bybel vir musiek.

Advertisements