Bs van my broer af; Pa eet jellie wat Antoinette vir hom gemaak het.

Pa se fone werk nie, bel hom op my plaasnr. Met die plaas se sel nr wat volg.

Ek aan my broer; Sherbet, maar pa lyk sleg, ek gaan more na kerk by hom kuier. Ek vat koerant saam. (Pa is sinoniem met koerantlees vir my) Moet jy nou nie ook die koerant vir pa vat nie.

Ek bel pa, hallo liefie hoe gaan dit? Sleg, dr de Meulenaar was by my, hy het ‘n spul bloede getrek om na als te kyk – hy sê ek gaan te gou agteruit. Ai toggie, pa moet luister na die dr’s en weet ons is lief vir pa. Hoekom moet ek pa op Ardus se plaas selfoon bel – waar is pa se fone. Hulle (die diensverskaffer) het dit afgesny.  Nou hoe so, pa het dan top-up fone, hoe sny hulle pa se fone af? Ek het nie geld in my rekening gehad nie, toe sny hulle dit af. Netso! Maar pa, ek het dan geld vir pa Vrydag inbetaal, hoekom trek hulle dit nie van dit af nie. Dit is tog genoeg. Het pa vir Ardus gesê. Nee, want hy gaan net baklei as ek vir hom dit vertel. Ek moet dit by hulle betaal en sal sodra ek uit die hospitaal is. Ek kom more dan kyk ons gou, dan sal ek dit gou Maandag gaan uitsorteer. Moet asb nie vir Ardus sê nie.

Ek kyk na die man in die prentjie, ver bejaard, hy het my kop op die beste van tye seergemaak – maar hy is “pa” en ek weet ek is lief vir hom ongeag. Ek kyk na hom en ek weet hoe geleende tyd lyk,  en dit maak my bitter hartseer. Ek weet almal is op geleende tyd maar ons is half en half arrogant oor die term “geleende tyd” ons gaan roekeloos om met dit, ons bel nie mekaar om te sê ons gee om nie, want more kom mos nog, dan sal ons. En dan kom die onverwagse more wat skielik vandag is, en nooit weer more gaan wees nie – ma is siek 2jr terug en ‘n week later is sy dood, vroeër die jaar so mnd en ‘n half terug, pa het keelkanker en hulle gaan hom bestraling gee en chemo…. maar pa lewe nog… en weer sien ek hoe geleende kosbare tyd lyk, en ek weet moenie daarmee mors nie, dit is geleen deur ‘n God van genade en juis daaroor is dit meer as kosbaar….toe vir my man, ‘n week gelede…ma is skielik siek en 48uur later is sy dood, en ek wonder waarom is ons so roekeloos met ons tyd en ons liefde vir en aan ons geliefdes?

Advertisements