Ek gaan jou so mis, ek is soooo jammer dat ek nie hier is oor paasnaweek nie. Ek wil so graag by jou en oupa ook wees.

Ai Lainey, jy mag rerig nie na ons verlang nie, gaan geniet jou naweek saam met pappa-hulle by Kwa Maritane – dit gaan lekker wees. Onthou ek en oupa bly lief vir jou, al gaan jy bietjie weg is jy nogsteeds groot in ons harte. Ons gaan nerens heen nie, ons bly net hier en ons wag vir jou en pappa, Maandag is julle terug en jy mag nie verlang nie, want ‘n hartjie wat te veel verlang kan nie lekker tye geniet nie.

Daai hartjie hou hom/haarself net te besig met verlang, en as jy weer kyk het jy al die diere gemis omdat jy weer huistoe moet kom.

Ek wil hê jy moet weet al is jy nie by ons nie, bly ons baie lief vir jou en ons weet ook dat jy daar waar jy is, altyd lief is vir ons. Gaan geniet nou jou lekker langnaweek weg en kom vertel vir ons van al die mooi goed wat jy gesien het.

In die wereld van kindertjies mag hulle nie kies nie – hoe jammer voel ek vir my liefste Lainey, wat so hard probeer om almal om haar gelukkig te hou. Ek wens sy leer vroeg-vroeg in haar lewetjie dat in hierdie wereld kan mens nooit als en almal gelukkig hou nie. Somtyds moet mens kies wat die heelbeste vir jouself is, al is almal nie deel van dit nie – as mense dit nie verstaan nie, dan is hulle nie rerige mense van jou hart nie.

OUPAS EN OUMAS is mense van jou hart, hulle verlang in stilte en vertel jou nie elke dag hoe hulle na jou verlang en dan voel jy skuldig omdat jy nie by hulle kan, of selfs in ‘n oomblik wil wees nie. OUPAS en OUMAS sê dit is jou beurt om die lewe te gaan geniet, kom huistoe, maak hulle harte bly deur hulle te vertel wat jy ervaar het. Maar moet nooit verskeurd voel tussen hulle en dit wat vir jou wink nie!!!!

LOVE YOU TO THE MOON AND BACK!

Advertisements