Gister was ‘n grootdag in ons demokrasie – dit is tog op ‘n absurde manier lekker om deel van hierdie landskap te wees met 11 amptelike tale ens.

Ek het my “hoot if you want Zuma to go” bordjie gehad op die hoek van ‘n besige str in Cnt. (ek het nie kans gesien vir die verkeer na die Uniegebou) So baie toeters, klink nes Marabastad op sy beste midde in die sg beskawing. Ek het gesien mense is gatvol, mens sien die ontnugtering in die armstes van die armes se oë, die nie verstaan wat aan die gang is nie, maar wel met ‘n wete dat hordes jongmense kyk enkellopende ma’s in die oë vir hul basiese behoeftes. Terwyl die verkose president in afskuwelike rykdom en tasbare “ignorance” kabinetskommelings doen, wat juis hierdie groep die meeste raak, die groep wat vir hom gestem het. 

Ekself sien daagliks hul ontnugtering as hulle trots hul kinders na my bring met die hoop dat ek iewers ‘n ou “jobbie” sal kan optoor. Ek sien die ontugtering as ek NEE,  nie hier sê nie – en my hart bloei vir die armstes van Afrika. Ek probeer help met paai woorde, en vals beloftes dat as hulle dalk hiernatoe of daarnatoe gaan,  sal hulle ‘n werkie kry net om hulle weg van my af te kry sonder dat ek te veel van myself in die proses verloor. 

Vir 25jr + werk ek met die armstes van die armes, ek help gemiddeld vir 400 mense pm van ‘n versekerde inkomste en dan vir ongeveer nog so 200 mense met ‘n loswerkie hier en daar. Maw ek werk gemiddeld met ‘n duisend mense pm wat van skatryk tot brandarm wissel. Ek is nie koud teen die skatrykes nie, want danksy hulle kan ek vir iemand help om hul gesin min of meer te voed en te klee, maar dit is nie hulle wat my raak nie. Dit is die armes, die wat na my kyk met verwagting en dan my ontnugtering, wat laataand by my spook vir al die nee’s wat ek sê, NEE, ek kan nie help nie. En dan al die kere wat ek met ‘n pil moet gaan slaap oor al die scenarios van die afgelope dag wat my nie laat afskakel nie. Ons land is wreed, veral as jy arm en eerbaar ‘n lewe wil maak sonder om jou naaste te na te kom.

Aan die einde van ‘n dag vol protes aksies is dit “die kuier” by my “vriendin” elke jaar die tyd wine and dine, sy groepe vriendinne en hul manne. Dit is rerig ‘n spoggerige affere, voorgereg  hoofgereg en nagereg, verskillende rooiwyn en witwyn. Hierdie pairing van vriende om dieselfde etenstafel is rerig rof vir my. Ek sit aan tafel, 4 vrouens en 4 mans – en ek het niks in gemeen met die mense nie. Ons praat die normale politiek, toekoms van ons land en almal drink wyn, baie wyn, ek drink 1 glasie want ek is die nugter drywer – my man bestuur nooit as ons kuier nie, want hy is altyd oor die wetlike limiet vir die pad. Die beroepe is as volg, my man is ‘n sg bluecollar worker, ‘n tandarts, ‘n apteker, ‘n stads- en dorpsbeplanner, ‘n boekhouer, ek weet nie presies wat my vriendin se man doen nie, behalwe dat hy vir dieselfde mpy as my man werk en baie golf speel, en dan my vriendin, ook ‘n srt entrepreneur, as dit vir haar geld inbring doen sy dit. 

Ek luister hoe die mense praat, as daar van geld gepraat word is dit miljoene en al wat ek heeltyd dink is nails on a blackboard. Ek praat saam, ek gee my mening ens. Ek wens so ek kan die bottel wyn vat en dit sommer so uit die bottel drink, verdomp, nou bestuur ek. Ek wonder of hulle ooit besef wat dit is om arm te wees, ek wonder het julle al in armes se oë gekyk, en dan gesien het dat dit sielloos is omdat daar nie hoop is nie. Ek dink om daai tafel, as almal hul geld op die tafel gooi, sal ons sekerlik vir ‘ hele klomp mense in hierdie sg reënboognasie ‘n skamele miljoen rand kan gee om vir hulle ‘n beter lewe te gee. En daar sal kleingeld oor wees – count me out  want op die beste van tye leef ek met die bank se geld, maar ek weet Jan Taks sien my as bevoorreg ryk en daarvoor is ek rerig dankbaar, ek weet dit is genade en ek sal op my manier, beskeie soos dit is, ‘n verskil probeer maak al moet ek op die beste van tye ‘n pil sluk net om van “die oë” te vlug.

Wat my bangmaak in ons land is dat die gaping tussen ryk en arm besig is om so te vergroot, en dit is op die einde vlg my beskeie mening die grootste probleem in ons land – daar is honger werklose mense, jonk en oud.  En baie van ons rykmense weier om erkenning aan die maatskaplike probleme van armoede te gee, terwyl die ontnugtering tasbaar is as jy net tyd vat om in die arme langs jou se oë te kyk. 

Wat my opgewonde maak,  is dat derduisende mense vandag in my land hul stemme laat hoor het teen korrupsie, van skatryk tot brandarm – dit bring hoop.

Ek kyk na die mense saam met my aan die eettafel, en ek besef ek het niks in gemeen met julle nie – ek gaan nou vir Hansie Slim soen, ten aanskoue van julle almal, en vanaand/vroegoggend as ek by die huis kom,  gaan ek ‘n pil sluk om te kan slaap en te vergeet, sonder om deur al die ontnugterde oë gejag te word.

HANSIE SLIM

Nag my “vriendin” tot die volgende pairing van vriende, dankie dat jy my elke keer bedag maak oor hoe ek nie wil wees nie. En jou afskeidsgroet aan my, asb ek en jy moet gaan koffie drink, ek het so baie om met jou te praat! 

Advertisements