Ek het ‘n klient Riana, wat nou sommer ook ‘n vriendin Riana is. Ons kom al ‘n laaaannng pad saam, 16 jaar om ‘n tyd daaraan te gee.

Wel soos met vrouens leer ons mos maar van mekaar se lief en leed. In vroeëre jare het sy telkemale by my kantoor ingehardloop vol lofbetuiginge aan haar man en haar lewe saam met hom. Die picture perfect gesin,  volgens my beskeie mening. Hierdie vrou so opgewektheid was aansteeklik – altyd aan die hardloop en altyd besig met iets opwindends.

Haar geliefde man het later jare al hoe meer in die buiteland gewerk as tuis, daar was selfs sprake dat hulle Australië toe sou emmigreer – iets waaroor sy nie baie gelukkig was nie.

En toe begin ek agterkom elke keer wat Riana hier aankom, raak haar skouers so bietjie krommer. Maar in my onkunde dink ek dit is mos maar die lewe – dit leef dit vir ons part,  en die tekens word aan ons lywe gesien.

Maar met Riana het ek agtergekom dat dit nie net die lewe is wat besig is om te gebeur nie, maar veel erger. Sy het elke keer wat sy hier ingekom het valer en moeër en krommer gelyk.

Vroeg laasjr kom sy letterlik in trane ingestrompel en vra vir my wie was my seun se egskeidingsprokureur – jy kon my met ‘n veer omslaan.  Ek vra haar of sy seker is wat sy doen, want ek kan getuig daar is niks erger in hierdie wereld as egskeiding nie – en boonop is dit een helse duur oefening wat mense finansieël ruineer.

Nee, ek is doodseker, ek het genoeg gehad – en sy pak af, dit is snot en trane, sy vertel my goed van haar huwelik wat my hare laat regop staan, sy vertel vir my van die aversie wat sy in haar man, van die afgelope 3 dekades het, en dit is snot en trane.

Riana, is ‘n naaldwerkster van formaat, haar hoede pryk die wereld vol, sy kan die mooiste goed uit niks maak nie – sy bly in ‘n lieflike rykmanshuis met haar stempel oral afgedruk, sy het ‘n spul katte en twee groot honde, dit is nes haar kinders. Sy het twee oulik seuns uit haar huwelik, maar as ek Riana hoor, hoor ek dat hulle ook in die steek gelaat voel deur die man wat hulle pa noem, al was hy so te sê altyd afwesig.

Twee van Riana se mooi handgemaakte hoede

Met die voorbereiding vir haar laaaannnng uitgerekte egskeiding leer sy so baie van haar man, sy het nog die heeltyd gesê sy bly in haar huis ongeag, dit is waar haar netwerk van mense is wat lief is vir haar, hierin PTA. Haar seuns is studente en sy wil naby hulle wees. Maar ja dit is wat sy toe gesê het.

Met die loop van tyd het sy agtergekom dat sy vlg wereldstandaarde brandarm is, iewers het haar man al hulle geld uitgeleef, of soos die prokureur aan haar gesê het; UITGEPIS, dit is wat hy gedoen het, hierdie man wat byna R120.000-00 pm huistoe bring. Die huis waarin sy bly het nogsteeds dieselfde bedrag uitstaande as toe hulle die huis toentertyd gekoop het – maw dit is nogsteeds net die bank se huis.

Riana, kon jy nie sien dat julle huisverband word nie kleiner nie? Nee, ek het geen insae in ons finansies gehad nie, hy is mos die man van die huis?  Asof dit ‘n dom vraag was van my af. Ek sê vir haar, ek weet van elke sent in ons huis, ek weet hoe lyk ons skuld, ek weet als… miskien is dit omdat ek ‘n control freak is, maar eintlik is dit danksy my man, want vlg hom sal hy statisties voor my doodgaan en dan sidder hy as hy dink aan al die aasvoëls wat op my gaan toesak dus wil hy heeltemal deursigtigheid hê wat ons finansies betref.

Riana raak krommer en valer, ek het rerig nie gedink ‘n mens kan slegter as sleg lyk nie, maar ek het dit met my eie oë gesien.

Intussen verloor Riana haar pa, vir wie sy so baie liefgehad het. Haar oë maak my bang, ek wil nie meer daarin kyk nie. Ai Riana, al wat ek uitkry, Ai Riana – ek bid vir jou. Elke dan en wan vra sy my p/a om my te herinner om vir haar te bid.

Gister kom sy hierby my aan, bietjie meer regop. Sy sê vir my, EK TREK- ek trek af na Struisbaai – my boetie het vir my ‘n huisie daar gekoop waarvoor ek minimaal huur hoef te betaal, ek gaan daar aangaan met my pottery ens. Kyk hoe mooi is my huisie waar ek uiteindelik weer heel gaan word.

Riana se huisie

Ek vra vir haar wat van haar diere – Moenie vra nie asb, moenie vra nie, en daar kom trane in haar oë, Ek moes my honde laat uitsit, ek kan glad nie naby my agterplaas kom nie, my honde is nie meer daar nie, maar my katte gaan saam, die seuns trek elk nader aan hul onderskeie universiteite, hulle pa sal maar vir dit moet betaal – hulle is bly vir my!

Tot troeteldiere betaal die prys by egskeiding.

Hoe gaan jy ‘n lewe maak daar? Hy gee my 1 miljoen rand wat ek baie goed gaan belê plus R30.000-00pm wat elke jaar aan die inflasie gekoppel is. Verder sal ek maar met my handewerk ekstra geld maak – dink jy dit is genoeg?  Wel as jy nie met die geld liggaam en siel aanmekaar sal kan hou nie, sal jy dit ook nie regkry met ‘n miljoen rand pm nie, dit kan ek jou verseker.

Ek kyk na haar en my hart kry seer, na ‘n leeftyd saam, ‘n vrou wat ek leer ken het wat die grond waarop haar man geloop het aanbid het, wat gelyk het of sy als het, en toe vir amper 3 dekades lank bedrieg is deur iemand wat die kuns vervolmaak het om ‘n dubbele lewe te lei. Sy sê sy weet nie wat hy met al hulle geld deur die jare gedoen het nie, sy glo hy het dit oral versteek toe hy begin sien dat sy huwelik gaan nie hou nie, maar sy het nie geld om forensiese deskundiges aan te stel om sy goed met ‘n vergrootglas deur te gaan nie, maar een ding weet sy, eendag is eendag, wat hy aan die Koning van die Heelal sal verslag gaan doen, en daarin berus sy!

en al wat ek dink is;  EGSKEIDING IS WREED, EGSKEIDING VERNIETIG VEEL MEER AS NET TWEE MENSE,  dit maak selfs geliefde troeteldiere van kant… siek siek siek wereld waarin ons leef.

LIEWE RIANA MOOILOOP,  MY LIEWE LIEWE MENS – en ek glo vas Struisbaai gaan jou skouers regop trek, en ek sal weer eendag die trots in jou sien, soos die 1ste keer toe ek jou ontmoet het. Mag God jou mooi heelmaak weg van hierdie geroesemoes…. my klient cum vriendin, mooiloop…

Jou heelword huisie is pophuis mooi…

Advertisements