Na aanleiding van ‘n artikel oor kinders wat tantrums in die openbaar gooi het ek as volg daarop reageer:

Neuk hulle, ek gee nie om wat  mense sê nie, maar die boude moet brand – hierdie tantrums in die openbaar maak almal ongemaklik en ek het al menigte kere gewens ek het my houtlepel met my om daai boudjies net ‘n tikkie of twee te gee, om die aandag weg te ly van die nare ou tantrum.

En ja, dit is Bybels korrek.

So 31 jaar gelede het my seun so gruwelike tantrum gegooi, my man het hom oor sy skouer gesit en sy boude vuurwarm geklop. ‘n Engelse dame het na hom toe gestap en vir hom gesê:  The poor child – al wat my man vir haar in harde duidelike taal gesê het was, “JOU ALIE MAN, ek sit met die poor child by die huis, nie jy nie, en dit is hoe ek maak as hy in Woolworths ‘n tantrum van “epidermiese” gevolge gooi!!!

My seun het nooit weer daarna dit gedoen nie, want hy was bang die Engelse ou tannie vat hom vir haar   = 😉

Die reaksie op my antwoord was gemeng, daar was selfs ‘n dame, neem ek aan, wat my met een woord geantwoord het:
WREED! 

Ek was die reaksie nogal te wagte, en het haar as volg geantwoord; Jip, dit is presies hoekom hierdie wereld die wrede plek is waarin ons ons begeef, daar is geen dissipline nie, ek is ‘n voorstander vir ‘n hou op die boud!

Kindermishandeling is wreed en heeltemal iets anders, maar ‘n pakslae op sy tyd doen niemand kwaad nie.

Advertisements