Julle behoort al teen hierdie tyd my storie min of meer te ken. Want waarvan die hart vol is loop die mond van oor.

My lewe het met 360 grade gedraai met “die egskeiding” travel was van die baan, in die Kaap bly al 5jr gelede was ook van die baan, netso die vroeë pensioneer storie… wat nou lyk na ‘n glad nie pensioneer, met die dat “die egskeiding en die se gevolge, ons redelik platsak het” En ek het verskeie onwillige rolle om te speel – maar met ‘n diep liefde in my hart.

Maar dit is nou al okay, die mens is mos maar ‘n aanpasbare wese en dan is daar ‘n dogtertjie met blou pieringogies vol verwagting daarin wat maak dat ek sê, dit is okay. Vir haar sal ek ‘n bul stormloop, nes voor haar met haar tannie,  en nes voor haar tannie… haar pa. 

Maar vandag vryf ons die troetelhasie, ons bak en brou en ons, neem selfies en ons, nee wag ek lieg, die pieringoog wil swem in Maart.

Deur als hou ek haar dop en noodgedwonge gaan my hart weer uit na haar en ek wonder oor haar mamma, hoe is dit moontlik dat ‘n ma nie ‘n gat in haar hart het as haar kind nie by haar is nie? Hoe is dit moontlik dat haar ma glad nie uitreik nie – na haar gesonde, blou-oog dogtertjie wat oppad na ‘n volle 9jr toe staan. Hoe is dit dat sy nie hunker na hasie vryf, bak en brou en yskoue swem nie van haar dogtertjie nie?

Mis jy haar,  wonder ek, is daar ‘n gat in jou hart? Ek wens net ek kan die geleentheid kry om haar mamma in die oë te kyk en dan te vra, wat was so erg dat jy net  als so flenters agtergelaat het, om agter ‘n man, ouer as jou pa, ‘n volslae alkholis wat jou niks kan bied nie,  aan te kon gaan? Kan ‘n man enige vrou so heuning om die mond smeer dat sy dit kan regkry om haar eie te versaak? Ek wonder, en ek kyk na die pieringoog voor my en in stilte sê ek never, veral as ek dit nie met my eie oë gesien en my eie hart gevoel het nie…

En terug na die werklikheid hoor ek ‘n dogtertjie stem wat vir haar pa in die agtergrond skree, daddy, ek het vir jou cupcakes gemaak, is hulle nie mooi nie??? Ek bedoel kolwyntjies, want ons mag nie ons taal meng nie.

FLUIT-FLUIT jou storie, my pieringoog, is nog lank nie klaar nie!! En ek weet dit gaan ‘n mooi storie wees, ongeag… waar mamma haar bevind.

Advertisements