Ek lees hierdie kort stukkie op Johann Els se FB-Page.
En na ek dit herlees en oordink besef ek die impak van hierdie woorde. Dit eggo terug in my eie lewe van die laaste 10jr of so.
Daar was meer as eenkeer wat ek gedink het dat ek gaan doodgaan agv die hartseer hierbinne my – hartseer wat ek op die beste van tye nie kon verwoord nie, ek het gesweer mens kan doodgaan daarvan.

Ek het ‘n diepe soeke gehad om net my hartseer met mense, enige mense te deel, net om teleurgesteld daar weg te draai omdat ek daarna nie minder hartseer in my gehad het nie. Dit was net asof niemand verstaan nie, was dit omdat ek dit nie ordentelik kon verwoord nie, of was dit omdat hartseer nie gemeet/ geweeg kan word nie?

Met jare het ek al hoe meer sinies geraak met diegene om my – hoe is dit dat jy ‘n ander se hartseer  nie kan sien of dan net ten minste ruik nie?

Tot op ‘n dag wat ek besef het ek probeer op alle verkeerde plekke van die hartseer binne myself ontslae raak – mense kan my nie daardeur help nie, want mense het nie my hartseer ervaar nie, en dit is nie hulle skuld nie – meeste van ons het ons eie hartseer en hoe moet jy nou ‘n ander sin uitken?

Ek het besef die enigste ander “mens” wat my hartseer in die murg van Sy lyf voel en presies weet wat ek op elke oomblik in die laaste 10jr deur is, is Jesus Christus, daai hartseer het Hy self aan die kruis deurgemaak – en die oomblik wat ek dit verstaan het was my hartseer gedefinieër en kon ek daarmee werk, daardeur werk met die besef “iemand” ken “my” hartseer, en dit aan Sy kosbare lyf… gevrywaar was ek nie, maar die seer was draagliker want Hy ken my hart se seer en my naam. En dit het my net weer verseker dat die net die journey is, en dat die destination soveel meer inhou vir ons, ongeag dit wat die lewe na ons kant gooi, en tog die journey voltooi, sonder om moed te verloor en sommer ook leer om dit te geniet….

en toe skielik kan my hartseer ook glimlag!

Advertisements