As ek ooit ‘n lied moes kies wat my gedagtes onmiddelik na my vrouekind stuur, is dit die een wat geskryf is, ironies genoeg, deur ‘n van der Westhuizen, nes ons.

My kind met die verstand van ‘n wetenskaplike en die hart van ‘n enkeling wat gedurig op reis is na dit waarvan sy nie weet nie, en wat soos ‘n groot swaar klip kom nesmaak het in haar tere ou hart. Sy wat te maklik vertrou, net om gebroke te staan en te sien dat vertroue soveel makliker vernietig kan word as wat jy dit kan gee – wat swig onder die druk van ‘n wereld se standaarde omdat dit lyk asof dit so moet wees, terwyl haar hart met mening sê: Jy pas nie in hierdie formaat nie – dit is nie die vorm wat ons MAKER vir jou gemaak het nie…

Ek sien haar eensame figuur soos in hierdie prentjie voor haar klavier, menigte kere – waar sy alle antwoorde van die lewe tussen die klavier se klawers sit en soek,  hunkerend na iets wat beslis nie vir haar bedoel is nie!

EN STIL–STIL, LAATAAND VAL EK OP MY KNIEë NEER EN SMEEK ASB VIR GENADE, genade dat sy moet weet sy is perfek nes sy is, en is dalk in hierdie wereld huidiglik,  maar verseker nie daarvan nie!!
Richard van der Westhuizen “doen’ ballade vir ‘n enkeling.

Vreemde nag
Skarlaken nag
Koerantpapiere, baksteenmure, Neon nag
Sirenes onder ‘n donker maan

Nag na nag
Mens na mens
Donker nagte, onverwagte
Skadufigure
En elkeen is uiteindelik

Enkeling, vreemdeling, verstoteling rug gedraai op die ligtekring
Agterstevoor, onderstebo
Vreemdeling, enkeling alleen
Agterstevoor, onderstebo
Vreemdeling, enkeling alleen

Dag na dag
Straat na straat
Kaart na kaart
Mens na mens
Nag na nag
Dans na dans is elkeen
‘n Enkeling
Vreemde nag
Skarlaken nag
Koerantpapiere, baksteenmure, Neon nag
Sirenes onder ‘n donker maan

Advertisements