Ek leer nou eenmaal net nie. Net nou die dag het ek gesweer briltoutjies is so “nono” Dit gee mens se ouderdom weg en ek “laaik” dit net mooi niks nie.

Maar nou ja, “never say never.” 

Na ek hierdie week ‘n pr keer na verskillende plekke vir besigheid moes gaan en elke keer naarstigtelik na my bril moes soek, omdat ek niks kan lees daarsonder, en elke keer my hele handsak se inhoud ten aanskoue van ‘n hele mensdom moes uitsmyt, om by my bril uit te kom het ek besluit, genoeg is genoeg.

Die handsak inhoud is ‘n verleentheid op sy eie! En dan die gegrouery na my bril en die angsaanval wat daarmee gepaardgaan omdat die bril dalk by my kantoor lê, is huidiglik, danksy my huidige geestestoestand, dalk nie nou die aangewese ding nie.

Net daar en dan bestorm ek die naaste specsavers, en al wat ek uit kan kry is, “I want a rope, a rope for my glasses” Die dame wat my help staan verstom en vra, Rope?       

Yes, rope I want it around my neck now.   Haar gesig spreek boekdele v totale verwardheid. For my glasses. 

En die “penny drop”… Oh ok.       

And please I don’t want to look old with it around my neck. I want something hip, not gold, maybe something made with nice beads, but neutral, I want to be able to wear it with all types of clothing!”

Paar minute later is ek uit met my bril om my nek  en ‘n lappie waarmee ek my bril kan skoonmaak. Die lappie was net so terloopse koop,  net om te wys ek is dalk stupid maar darem vrygewig. (Al die geld  van die lappie gaan vir die een of ander natuur organisasie) – en die dame agter die toonbank (pretty young African lady) staan nogsteeds “dumb struck” oor dit wat sy so pas waargeneem het. 

En met die uitstap sê ek, “thank you and God bless” met ‘n briltoutjie waaraan ‘n bril hang en ‘n groot  glimlag op my bakkies, “mission accomplish”

moral of the story, never, but never say never! 

Of dit nou in Engels of Afrikaans is!

Advertisements