Ek is rerig moeg

Ek het ‘n allervreeslike uitval met mense se negatiwiteit rakende my land Suid-Afrika gehad.

Ek lees koerant van hoek tot kant, ek kyk nuus van hoek tot kant, want my werk noodsaak my om dit te doen.

Dan kry ek tydig en ontydig junk in my persoonlike ruimte, menende my W/A, FB ens.

Ek word gebombardeer met, gee pad, SA is oppad na nerens, white genocide, nog ‘n boer erg gemartel, geen toekoms… blah, blah, blah! (asof dit nuus is vir ons?)

My hele familie is verstrooi oor die wereld heen, sommige boere van Zim af, was, wat die stof van hul voete en hierdie kontinent geskud het, en gesweer het Afrika sien hulle nooit weer nie, wat ek beslis meer as verstaan.

Ander om vir hul kinders ‘n ander toekoms te gaan uitgrou, weg van als en almal na aan die hart, en boonop ‘n groot sukses daar gaan maak het, ek is trots op hulle.

Maar wat my meer frustreer is dat van hierdie daar in hulle leunstoel sit in hul sg “nuwe veilige hawe” en dan “doom and gloom” die wereld instuur, veral as die wereld in SA is, asof enige mens wat hier bly nie oë in hul koppe het en nie kan sien wat om ons aangaan nie??? WTF (sorry)

Jy hoef nie eers soos ek deur als te werk omdat jou werk dit van jou vereis nie – it’s right in your face!

met die laaste “doom and gloom” wat ek gekry het, wat as volg lyk:

Was my reaksie soos volg:
Ai tannie, al hierdie goed maak mens so mismoedig… ek weet rerig nie wat omtrent dit te doen of te sê nie. Al wat ek doen is ek bid en vra vir God se leiding – ek wil dit nie aanstuur nie, want ek dink mens maak almal om jou paniekbevange en ons is vasgevang hier in SA omdat ons nie geld, die wil of die geleentheid het om net op te pak nie.

Al die sg familie met hulle “doom and gloom” boodskappe vanuit die buiteland, sal beslis nie hulle huise vir ons oopstel nie. Hulle wil dit nie eens vir hul direkte familie doen nie!

Dit is baie lekker om vanuit die buiteland (cornelius) te sit en vir ons te vertel hoe stupid ons is, ons moet almal net oppak. Ek het vir hom en Chrisna ‘n fortuin geleen om dit te kon doen, anders was hy ook nogsteeds hier.

Ek word daagliks gebombardeer met die tipe goed, ek voel op die beste v tye om net op ‘n hopie te sit en niks te doen nie. Ek het 500 mense wat my in die oë kyk vir salaris, hoe pak ek net my goed. My man het ‘n hartkondisie, die buiteland soek hom nie daar nie, los ek hom hier en gee pad?

Dus al wat ek nou doen is om vir die Here te vra om in te tree – ons genadig te wees en Jesus se bloed oor ons af te smeek.  Al hierdie goed om ons keer nie dat die lewe aangaan nie, dit gaan aan, en ons moet in vertroue opstaan en aangaan vir dit wat die Here van ons vra.

Ons kyk die dood elke dag in die oë, ons worry oor ons kinders maar om in so gees van vrees te funksioneer hou niks goed in vir die mens nie, en maak ons net meer weerloos vir die vyand.

Ek is baie lief vir tannie en bid daagliks vir die mense van my hart se beskerming, ek moet vertrou dat die Here nie slaap nie, ons moet bedag wees en die res in Sy hande los.

En toe na die antwoord van my af, antwoord my dierbare tannie as volg:

As di Here ons elders wil he…sal Hy die weg baan..laat alles aan die Here oor..hy sal sorg!!😘😘💖🌹😴💤😘

En wat doen ek? Ek lag en gaan aan met dit waarin ek goed is, my werk! En waar ek darem min of meer in beheer is. En ek sweer in stilte, ek stuur nie die  tipe “bang” aan nie!!

Advertisements